advertisement
Question
Posted by: Dave | 2009/11/04

in ' n Oogwink

Hallo Dok

Ek woon in ' n groot stad, en vanmiddag om ongeveer 4:30nm terwyl ek in baie besige verkeer was, het ek vir ' n paar sekondes (ernstig) duiselig geword. Ek kon nie stilhou nie en moes kophou. Ek het agtergekom, tydens die sessie en onmiddelik daarna, dat my fokus heeltemal uit was. Dit het ek gekorrigeer deur my regteroog toe te maak en met slegs my linkeroog oop, verder te bestuur. Tydens die rit het ek weer keer op keer my regteroog oop gemaak tot my fokus (wonderlike skepping die liggam nê !) outomaties herstel het. Maar, my regteroog se sig is nou (onmiddelik daarna) dof. Dit is nou byna vyf ure later en dit is steeds asof ek deur water kyk met my regteroog. Albei oë  oop, pla dit nie want my linkeroog se sig maak op daarvoor maar met slegs my regteroog oop, is daar ' n besliste onmiddelike verswakking in sig. Wie stel u voor vir ' n afspraak? Vir my klink dit nie na ' n besoek aan ' n oogkundige nie, maar miskien ook nie ' n algemene praktisyn nie. ' n Oogspesialis? Of wat stel u voor en wat dink u daarvan?
Ek kom tot die gevolgtrekking dat dit effe beter is nou maar dit is aand en ek kyk nou nie ver nie en dit alles is faktore wat betrokke is - en miskien is dit mô re reg. Indien nie, wat dink u daarvan en wie stel u voor vir ' n besoek? Hoë  bloeddruk, ja' a maar onder beheer.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Dave
Sien asb so gou moontlik jou GP - hy moet kyk na 'n paar goed: Mens kan 'n retina loslating/bloeding kry wat sig skielik verswak, of dit kan dalk 'n spasma van die oog slagaar gewees het, of 'n TIA (verbygaande tipe beroertetjie). Jou GP moet kyk of dit nodig is om jou na 'n spesialis te verwys, en na watter een.
Laat weet my wat hy sê?
Groete
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Dave | 2009/11/06

Baie dankie Dr. Bets. Ek doen so en sal terugvoering gee. Eintlik kom dit op ' n tyd wat ' n besoek, miskien ' n verwysing en nog besoek ongemaklik sal maak want oor tien dae gaan my vrou en ek op ' n bootreis landuit. Dankie nog ' n keer, ek sal jou sê  wat die uitslag is.
Groetnis
Dave




Reply to Dave
Posted by: Dave | 2009/11/05

Baie dankie vir jou bydrae, Johan. Ek is 62, en ek sou dink dat my teikengewig sowat 5 kilos minder behoort te wees. Sowat ' n jaar gelede ' n suikertoets gehad en dit was normaal. Bloeddruk gewoonlik ±  130/85 en somtyds selfs laer. Gediagnoseer met hartversaking en gebruik asg Puresis &  Carvetrend. Eet baie gesond omdat ek my gewig dophou (juis asg die diagnose) en ek dink dat die enigste suiker wat ek inkry so 3 of 4 glase wyn per naweek is.

Reply to Dave
Posted by: Johan | 2009/11/05

Dave, hoe oud is jy?
miskien oorgewig?
Laat jou bloedsuiker toets. Ek het 40% van my sig verloor agv suiker!
Sterkte maat

Reply to Johan
Posted by: cyberdoc | 2009/11/05

Hallo Dave
Sien asb so gou moontlik jou GP - hy moet kyk na 'n paar goed: Mens kan 'n retina loslating/bloeding kry wat sig skielik verswak, of dit kan dalk 'n spasma van die oog slagaar gewees het, of 'n TIA (verbygaande tipe beroertetjie). Jou GP moet kyk of dit nodig is om jou na 'n spesialis te verwys, en na watter een.
Laat weet my wat hy sê?
Groete
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement