advertisement
Question
Posted by: Bietjie moeg gesukkel | 2010/04/07

IBS &  low GI

Hi Doc,

Ek raak met tye verskriklik moeg, so dat ek in die oggende sukkel om op te staan. Elke keer as ek my suiker toets dan is dit binne perke, en my bloeddruk is ''n klein bietjie laag. Ek was al by verskeie dr''s gewees, maar steeds sit ek met die dieselfde probleme. Van lae bloeddruk, lae suiker, sitomagal virus, coxackie virus, spastiese dikderm, allergie ens.

Geskiedenis
Ek het 3 operasies gehad, 1ste was bloedklond wat gebars het in my buik, en 1 maand later weer nadat die 1ste sny vergroeisels veroorsaak het en my derms toe gedruk het, waarna ek die 2de een moes kry, moes stadig van vooraf leer eet, so 2 jaar later moes ek weer ''n opperasie kry van ''n endimetrioom wat 7cm was wat op my derm gedruk het.

Ek het die sr wat my bloeddruk vat al gevra, kan ek regtig so sleg voel as my bloeddruk net effens laag is en sy''t gesê  nee.
Ek is ook baie allergies, vel allergiee en dan Latex (Avo''s, piesans, komkommer) Ek is oor die algemeen ''n baie sensitiewe mens en stress baie maklik, sonder dat ek dit besef. So het ek toe ook baie hardlywig geword en vreeslike pyn gehad (knop op my maag), gedog dalk het ek blaas infeksie, maar dit was skoon en het toe begin fyborgel gedrink, maar niks het gebeur nie en toe ''n natuurlike lakseer middel wat toe gehelp het en my beter laat voel het.

Ek het die naweek ''n artikel van Probiflora gelees waarin hulle al die simptome wat ek het gelys het, toe het ek gewonder dalk moet ek van die probiflora drink om te kyk of dit van my probleme sal op los.

My vraag is:

1.) Is die Low GI kosse goed vir my spastiese kolon?
2.) Is dit goed om Probiflora elke dag te drink? (wil so natuurlik as moontlik gaan)
3.) Ek het reeds al agter gekom, dat my maag verskriklik swel van brood, mieliemeel (pap), selfs erg krampe as ek heelpit mielies eet.
4.) Ek probeer ook so 10kg af val, en sukkel regtig baie om gewig te verloor, is dit as gevolg van al my probleme? Eet All Bran Flakes met semels vir pap in die oggende, tussen in appel, middag ete stukkie hoender sonder vel met Innaparsmans speserye daarop en dan joghurt (low GI), aand ete probeer ek baie groente en my stukkie vleis eet, maar so 1 of 2 keer ''n week eet ek pasta (durum wheat), of Gluten free rys. (Bietjie moeilik om soms in die aand reg te eet met die man in die huis)
Ek raak ook party keer moeg vir die All Bran pap en sal dan ''n low GI wit broodjie met ietsie op eet.

Gee asb vir my raad, groot asb!

Dankie
B

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Moeg Gesukkel
Jy kan gerus met die Probioflora begin want dit sal al help vir die Prikkelbare Derm Sindroom (PDS) en die hardlywigheid. Omdat jy so baie uiteenlopende probleme het en dit taamlik ingewikkeld is om 'n lae-GI-dieet toe te pas indien die pasiënt aan PDS EN moontlik ook koring-sensitiwiteit ly, sal ek ten sterkste aanraai dat jy asb 'n kliniese dieetkundige moet spreek so gou as moontlik. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou moet evalueer en dan vir jou 'n individuele dieetvoorskrif opstel wat jou spesifieke probleme in ag neem. Dit is nie iets wat ek vir jou oor die Internet kan doen nie.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: DOLLY | 2010/05/17

LANGS MY HEUPE HET EK VERSKRIKLIK SEER, DIE DOKTOE SE DIS DIKDERM WAT KAN EK GEBRUIK, HET BAIE PYN

Reply to DOLLY
Posted by: TS | 2010/05/13

Ek het probleme met mu dikderm. Ek kon op ''n tyd baie geeet het en het niks gewig opgetel nie. Nadat ons in ''n motor ongeluk was, is dit vir my asof ek vinnig gewig optel en kan amper niks eet wat ek altyd geeet het. as ek gespanne raak dan trek my dikderm toe en ek sukkel met opelyf soms. ek het die motor gesien nader kom en in ons vasjaag. ek kon net die ligte sien van die motor en toe voel ek net die hou. kan doktor my asb help. eks desperaat om my lyf terug te kry. ek probeer dieet maar sukkel. asb help

gee raad asb raad.
dankie
desparaat

Reply to TS
Posted by: DietDoc | 2010/04/08

Beste Moeg Gesukkel
Jy kan gerus met die Probioflora begin want dit sal al help vir die Prikkelbare Derm Sindroom (PDS) en die hardlywigheid. Omdat jy so baie uiteenlopende probleme het en dit taamlik ingewikkeld is om 'n lae-GI-dieet toe te pas indien die pasiënt aan PDS EN moontlik ook koring-sensitiwiteit ly, sal ek ten sterkste aanraai dat jy asb 'n kliniese dieetkundige moet spreek so gou as moontlik. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou moet evalueer en dan vir jou 'n individuele dieetvoorskrif opstel wat jou spesifieke probleme in ag neem. Dit is nie iets wat ek vir jou oor die Internet kan doen nie.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement