advertisement
Question
Posted by: Andre Ruiters | 2012/02/06

IBS

Good day Doctor , ek gaan afrikaans praat want dan sal u my beter verstaan. Die laaste 2 maande sit ek met ''n baie sensitiewe saakie. Ek het so bietjie gaan oplees oor IBS en lyk my dis waarmee ek sit. Die eendag het ek hierdie verskriklikke pyne op my maag sodat selfs my rug pyn. Sekere dae is dit net winde wat ek ondervind. Ek besoek gereeld die klien kamertjie maar ek kon nog nooit oplet dat daar bloed is nie , seker ''n goeie teken. My stool is somtyds styf ander dae weer alles los. As ek ''n ete geniet het saans vat dit nie baie lank nie dan moet ek die klein kamertjie besoek vir soveel as 4 keer die aand. Snags het ek nie ''n probleem nie en slaap deur. Maar deur die loop van die dag is dit baie ongemaklik. Krampe , pyn , winderigheid en die laaste ruk pyn in my rug. Is daar iets wat ek by die apteek kan kry wat sal werk. Ek kan nie elke maand die dokter besoek nie , dit is bietjie duur. Sal u hulp baie waardeur.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Andre

Ek stel voor dat jy 'n gastroenteroloog konsulteer om die diagnose van prikkelbare dermsindroom te bevestig. Ek kan ongelukkig nie enige oor die toonbank medikasie voorstel, alvorens jy die dokter konsulteer nie. Dit is baie belangrik om enige ander oorsake uit te skakel, soos byvoorbeeld inflammasie van die kolon.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: In dieselfde bootjie | 2012/02/07

Hallo, ek het dieselfde simptome gehad. Het begin om Bevispas te drink. Begin met 1 drie keer per dag en na ''n maand afgeskaal na 1 in die oggend. My probleem is heeltemal opgelos. Hoop dit help. Die medisyne is ook goedkoop - ongeveer R30 vir 20 pille.

Reply to In dieselfde bootjie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement