advertisement
Question
Posted by: Tics | 2010/04/07

Huwelik chaos

Ons is 12 jaar getroud en sedert verlede jaar het ek my man gedurig gekonfronteer oor ''n verhouding wat ek vermoed hy het. Hy het my elke keer verduidelik dat hy nie ''n verhouding het nie, en dan gaan dit vir ''n maand of so weer goed, tot ek weer ''n uitbarsting kry. Na die laaste uitbarsting in Februarie het hy vir my gese dat dit verby is, en hy tans net by my is vir die kinders. Ek ly aan erge depressie en is onder medikasie. Ons is ook besig om ''n huweliksberader te sien. Sedert hierdie probleem, kommunikeer ons fantasties, seks is wonderlik, alhoewel hy my laat verstaan het dat dit net seks is, en geen liefde nie. Hy maak geen geheim van sy gevoelens vir my tans nie, en se net ons vat dit dag vir dag. Dit is vir my baie moeilik, want hy weier om vir my hoop te gee, alhoewel as ek nie van beter geweet het nie, sou ek gedink het ons huwelik is perfek in alle opsigte. Hoe kry ek hom om my te laat gaan, alhoewel ek nie wil nie, of om weer lief te word vir my. Hy het reeds gese as ons skei sal ons goeie vriende bly en hy sal altyd daar wees vir my en die kinders (7 en 2) en dat hy steeds voltyds pa vir hulle sal wees. hy is ook bereid om alles vir my te gee, die huis ens, en ook gese dat ons net sal aangaan soos nou, behalwe dat ons nie getroud is nie. Ons het net een bankrekening en hy het gese dat dit ook net so sal voortgaan en dat ons steeds alle verantwoordelikhede sal deel. Ek is so deurmekaar dat ek nie weet wat om hierin te lees nie. Hoe kan ons net aangaan maar net nie getroud wees nie. Hy weier ook tans om uit te trek, alhoewel ek vir hom gese het dat hy dit kan doen as hy so verkies. Hoe hanteer ek hierdie situasie? My gesondheid ly hieronder en ek kry weer gereeld ook angsaanvalle, maar probeer sterk wees vir die kinders. Ek het, behalwe vi rmy sielkundige, geen ondersteuningstelsel nie en niemand om mee te praat nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

I can't really understand why your marriage counsellor isn't working on precisely these issues with you, as they will be best dealt with by someone with the sort of detailed knowledge of each of you which surely this counsellor already has. I don't understand what seems to be his concept of keeping absolutely everything identical to how it is now ( ? including that wonderful sex ? ) with even a shared bank account, with the sole change being that you would no longer be actually legally married.
Discuss this with the counsellor and also with your own sielkunduge, to understand this rather odd suggestion better, and choose what would be best for you and the children

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: natasjha | 2010/04/09

Jou man wil sy brood aan beide kante gebotter he - hy wil jou he want hy wil nie al die erantwoordlikhede self dra nie so - hy probeer jou soo ''n baba paaie. Wees sterk hou voet by stik en se vir hom of hy besluit wat hy wil he en wees leif vir jou ein elke opsig op hy moet uitrek. - moenie dat hy jou met jou mors nie

Reply to natasjha
Posted by: Vanessa | 2010/04/08

Klink my jou man wil sy brood aan alle kante gebotter he. As ek jy is skop ek hom hard onder sy gat en gee hom angs aanvalle. Maw, jy moet jou huweliksplig teenoor hom nakom, maar hy skuld jou niks, nee man, in watse sprokie lewe hy? of is hy besig met ''n ding op die side en wil voet in die deur met jou hou om te kyk of dinge eers uitwerk?? nou vertel hy jou wat jy WIL hoor maar werk jou lekker deur die ore.
Nee suster jy is of getroud of jy is nie, daar is nie in between nie, so seer as wat dit maak, maar op die einde van die dag kan almal jou advies gee, net jy kan die besluit maak, ek was self daar en is baie kwaad dat ek myself so laat kou het vir ''n chappie.

Reply to Vanessa
Posted by: cybershrink | 2010/04/07

I can't really understand why your marriage counsellor isn't working on precisely these issues with you, as they will be best dealt with by someone with the sort of detailed knowledge of each of you which surely this counsellor already has. I don't understand what seems to be his concept of keeping absolutely everything identical to how it is now ( ? including that wonderful sex ? ) with even a shared bank account, with the sole change being that you would no longer be actually legally married.
Discuss this with the counsellor and also with your own sielkunduge, to understand this rather odd suggestion better, and choose what would be best for you and the children

Reply to cybershrink

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement