advertisement
Question
Posted by: Blommie | 2008/06/10

Hulp dringend nodig

Hi Dr

Ek is 25jaar oud en is 1.7m lank, ek het vanoggend op die skaal geklim (na so 4 maande) en tot my skok ontdek dat ek nou amper 100kg weeg. Ek MOET eenvoudig net van die VET ontslae raak en wil graag 'n goeie program volg. Ek het op 'n program afgekom "Die Diet waarvan almal praat" dis 'n program waar mens 1 maal per week ingespuit word en ook pille moet drink daagliks, is dit veilig of sal Dr eerder voorstel ek gaan op Weight Watchers of Weigh less se program?

Ek is desperaat en voel vreeslik ongemaklik en wil net van dit ontslae raak. Kan Dr asb vir my raad gee om die regte program te kies sonder dat ek my gesondheid sal beinvloed.

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Blommie
Jou huidige BMI = 34,6 wat baie hoog is. Dit sal beslis 'n goeie idee wees as jy wel kan begin gewig verloor. Ek is nie ten gunste van hoë-vet, hoë-proteïendiëte soos 'Die Dieet waarvan almal praat" nie. Daar is te veel negatiewe aspekte gekoppel aan sulke diëte en die gevaar is dat jy al die geld spandeer om net weer alles op te tel sodra jy weer begin normaal eet. Ek wil graag voorstel dat jy liewer 'n kliniese dieetkundige spreek (besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind). Die dieetkundige sal vir jou 'n individuele dieet moet uitwerk wat jou help om gewig te verloor. Gesels ook met die dieetkundige of jou mediese dokter oor die moontlikheid om Xenical te gebruik. Xenical word saam met 'n baie-lae-vet-dieet gebruik en die lae-vetinname veroorsaak dan gewigsverlies. Probeer om ook so aktief as moontlik te word, veral namate jy gewig verloor. Flink stap vir tot 60 min per dag is nog steeds een van die mees effektiewe maniere om jou metabolisme te stimuleer. Begin stadig en vermeerder hoe ver en hoe lank jy elke dag stap.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Blommie | 2008/06/10

BAie dankie vir die raad, ek sal dadelik 'n dieetkundige -|- ak!

Reply to Blommie
Posted by: Stingel | 2008/06/10

Jy drink nie pille nie, Dit is homeopatiese pilletjies wat jy onder jou tong sit, dit help vir jou cravings. Die inspuiting is Vitamiene B12 vir energie en Vetverbrander, glad nie skadelik nie. Baie mense verloor op hierdie dieet en my ginekoloog het dit self voorgestel na my dogter se geboorte. Sy het 18kg verloor op daardie dieet.

Reply to Stingel

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement