advertisement
Question
Posted by: Frustreerd/Desperaat | 2010/12/23

Hou aan met gewig optel!!

Goeie Dag Doc,

Baie dankie vir die wonderlike artikels. Hoop u sal ''n baie Geseende Kersfees he. Ek is baie frustreerd op die oomblik, want ek volg die porsie groote eetplan van 5000kj per dag. Ek doen dit nou al vir die laaste 3 jaar, maar het nou al die laaste 3 maande 4½  kg opgetel. Dit kry my baie onder, want ek eet nie eers koek, pizza ens. Ek hou dagboek en eet regtig nie verkeerd nie. Ek is 42 jaar oud en weet nie of dit iets met my ouderdom te doen het nie. My skildklier was getoets en dit is normaal. Ek moet dan net by se dat ek elke dag dieselfde kosse eet. Kan dit dalk my probleem wees?? Baie dankie vir u tyd.
Vriendelike Groete
Frustreerd

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Frustreerd
Ek moet verskoning vra dat ek nou eers jou vraag antwoord, maar ek was onder die indruk dat hierdie diens vanaf 23 Des gesluit sou word, en het nou per toeval jou vraag raak gesien. Ek sê dankie vir jou mooi woorde oor my artikels - dit is wonderlik om bietjie terugvoer van my Lesers te kry. Hopelik het jy ook 'n geseënde en gelukkige Kersfees beleef. Om nou jou vraag te beantwoord: Is jy seker dat jy net 5000 kJ per dag inneem? Dit is uiters min, en word nie aanbeveel nie. Algemeen gesproke behoort 'n volwasse vrou wat nie probeer verslank nie, ongeveer 8400 kJ per dag in te neem en dames wat verslank moet dit verminder tot 6300 kJ per dag. Die energie wat jy dus inneem is nogal laag en mag ironies lei tot 'n teenreaksie van die liggaam wat dan energie bêre pleks van om gewig te verloor. Ek wonder ook of ander faktore in die afgelope 3 maande nie dalk 'n rol gespeel het nie? Faktore soos spanning of depressie kan 'n groot effek hê op gewig. Verder kan inname van amper alle medikasies, insluitend oor-die-toonbank medisyne, ook jou gewig beïnvloed. Daarbenewens kan vroulike hormoonskommelings gewig baie laat verander. Die feit dat jy elke dag dieselfde kos eet, is nie eintlik 'n goeie idee nie. Die basis van gesonde eetgewoontes is variëteit - om verskillende soorte kos in te neem. Dit is om te verseker dat jy wel gebalanseerd eet. Dit werk so, dat as jy een dag miskien te min vitamien C ingeneem het, maar die volgende dag 'n glas lemoensap drink, dan sal dit opmaak vir die vorige dag se gebrek. Dit is op alle voedingstowwe van toepassing. Jy noem nie watter kosse jy wel eet nie, en dit is moontlik dat jy iewers 'n gebrek ontwikkel het deur so 'n eentonige dieet te volg. Indien die gebrek by een van die sg. elektroliete (kalium, natrium) voorkom, dan kan dit lei tot elektrolietwanbalanse wat dan weer waterretensie veroorsaak wat jou swaarder kan laat weeg, sonder dat jou liggaam se vet-inhoud toeneem. Kyk of enigeen van die genoemde faktore miskien by jou 'n rol speel en probeer tog om so veel variasie in jou dieet as moontlik in te sluit.
Ek wens jou 'n baie suksesvolle en gelukkige 2011. Hierdie diens sal eers weer op 7 Januarie 2011 oop maak.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/12/26

Beste Frustreerd
Ek moet verskoning vra dat ek nou eers jou vraag antwoord, maar ek was onder die indruk dat hierdie diens vanaf 23 Des gesluit sou word, en het nou per toeval jou vraag raak gesien. Ek sê dankie vir jou mooi woorde oor my artikels - dit is wonderlik om bietjie terugvoer van my Lesers te kry. Hopelik het jy ook 'n geseënde en gelukkige Kersfees beleef. Om nou jou vraag te beantwoord: Is jy seker dat jy net 5000 kJ per dag inneem? Dit is uiters min, en word nie aanbeveel nie. Algemeen gesproke behoort 'n volwasse vrou wat nie probeer verslank nie, ongeveer 8400 kJ per dag in te neem en dames wat verslank moet dit verminder tot 6300 kJ per dag. Die energie wat jy dus inneem is nogal laag en mag ironies lei tot 'n teenreaksie van die liggaam wat dan energie bêre pleks van om gewig te verloor. Ek wonder ook of ander faktore in die afgelope 3 maande nie dalk 'n rol gespeel het nie? Faktore soos spanning of depressie kan 'n groot effek hê op gewig. Verder kan inname van amper alle medikasies, insluitend oor-die-toonbank medisyne, ook jou gewig beïnvloed. Daarbenewens kan vroulike hormoonskommelings gewig baie laat verander. Die feit dat jy elke dag dieselfde kos eet, is nie eintlik 'n goeie idee nie. Die basis van gesonde eetgewoontes is variëteit - om verskillende soorte kos in te neem. Dit is om te verseker dat jy wel gebalanseerd eet. Dit werk so, dat as jy een dag miskien te min vitamien C ingeneem het, maar die volgende dag 'n glas lemoensap drink, dan sal dit opmaak vir die vorige dag se gebrek. Dit is op alle voedingstowwe van toepassing. Jy noem nie watter kosse jy wel eet nie, en dit is moontlik dat jy iewers 'n gebrek ontwikkel het deur so 'n eentonige dieet te volg. Indien die gebrek by een van die sg. elektroliete (kalium, natrium) voorkom, dan kan dit lei tot elektrolietwanbalanse wat dan weer waterretensie veroorsaak wat jou swaarder kan laat weeg, sonder dat jou liggaam se vet-inhoud toeneem. Kyk of enigeen van die genoemde faktore miskien by jou 'n rol speel en probeer tog om so veel variasie in jou dieet as moontlik in te sluit.
Ek wens jou 'n baie suksesvolle en gelukkige 2011. Hierdie diens sal eers weer op 7 Januarie 2011 oop maak.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.