advertisement
Question
Posted by: Tube | 2009/03/06

Hormone vs. Eetlus

Hallo Dokter,

Kan hormone `n rol speel in jou eetlus?

Die rede waarom ek vra is dat ek `n ongelooflike eetlus begin kry het vandat ek op die pill gegaan het, MAAR ek het nou al 3 maande gelede die pill gelos, maar ek het nogsteeds `n eetlus.

Dis nie dat ek net lus is vir kos nie, ek bly vrek honger en klein porsies help nie veel nie  dit maak my nie versadig nie.
Ek eet BAIE meer as gewoonlik en ek weet nie hoekom nie.

Baie dankie  -)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Tube
Dit is moontlik dat vroulike hormone tot gewigstoename kan lei, want die meerderheid van hierdie geneesmiddels noem gewigstoename as een van hulle newe-effekte. Dit is nie 'n uitgemaakte saak dat vroulike hormone enigsins jou aptyt stimuleer. Ek sal voorstel dat jy jou huisdokter vra om te kyk of jy dalk 'n insulienprobleem het, al dan nie. Die vroulike hormone kan moontlik insulienmetabolisme beïnvloed en dit kan dan weer jou eetlus prikkel. Indien jy wel aan insulienweerstand lei, wil ek aanraai dat jy 'n kliniese dieetkundige spreek (besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind). Die dieetkundige sal jou help met 'n lae-vet, lae-GI dieet (GI = glisemiese indeks). Kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Glycaemic Index' en lees die artikels oor die GI. Aërobiese oefening soos flink stap, draf, touspring, swem, fietsry, roei en dans vir 30 min per dag, kan ook help om insulienweerstand te bekamp.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement