advertisement
Question
Posted by: Lin | 2012/03/09

Hormone en gewigstoename

Ek gebruik die afgelope paar jaar Marvelon as ''n voorbehoedmiddel. Die afgelope jaar het ek skielik begin gewig optel - 8 kg in ''n jaar! Kan dit moontlik te wyte wees aan ''n hormoonwanbalans of iets? My dokter meen dit kan beslis my hormone wees en het my nou op ''n baie ligte pil, Yaz, gesit.

Ek eet baie gesond en oefen ten minste een keer ''n dag. Ek is nie tans oorgewig nie, maar ek is bang dat ek op pad is daarheen - ek weeg 54kg met ''n BMI van 18.5. Ek sal jou opinie baie waardeer!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lin
Ek is regtig bekommerd oor jou kosinname. Ek kan nie glo dat jy verlede jaar 8 kg minder geweeg het, as jy vandag net ‘n BMI van 18,5 het - jy was seker net vel en been. Aangesien jou huidige BMI steeds baie laag is op 18,5, wat nog in die anorektiese gebied val, sal 'n effense gewigstoename eintlik jou gesondheid baat en jou effense reserwes gee. Probeer tog om ‘n BMI van 22 te bereik. Alle vroulike hormoonpreparate soos die voorbehoedpil en hormoonterapie na die menopouse het die potensiaal om by sommige vrouens gewigstoename te veroorsaak, ander vrouens sal op dieselfde preparaat weer gewig verloor - dit is ongelukkig 'n individuele reaksie.
Ek vertrou dat jy nou gebalanseerd sal eet om te verseker dat jy bietjie gewig aansit.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/03/10

Beste Lin
Ek is regtig bekommerd oor jou kosinname. Ek kan nie glo dat jy verlede jaar 8 kg minder geweeg het, as jy vandag net ‘n BMI van 18,5 het - jy was seker net vel en been. Aangesien jou huidige BMI steeds baie laag is op 18,5, wat nog in die anorektiese gebied val, sal 'n effense gewigstoename eintlik jou gesondheid baat en jou effense reserwes gee. Probeer tog om ‘n BMI van 22 te bereik. Alle vroulike hormoonpreparate soos die voorbehoedpil en hormoonterapie na die menopouse het die potensiaal om by sommige vrouens gewigstoename te veroorsaak, ander vrouens sal op dieselfde preparaat weer gewig verloor - dit is ongelukkig 'n individuele reaksie.
Ek vertrou dat jy nou gebalanseerd sal eet om te verseker dat jy bietjie gewig aansit.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement