advertisement
Question
Posted by: Magdalena | 2011/04/11

Hormone en Gewigstoename

Goeie Dag Dokter

Ek het ampter 40kg opgetel, dit terwyl ek baie geloop en aktief was en ek eet regtig nie baie nie. Ek het net geen keer aan die gewigstoename gehad nie. Ek was onder baie druk en stres. Ek het nou vir ''n jaar " spinning"  gedoen, maar het ook nie gewig of sentimeters verloor nie. Ek was by die dr en het 1 toets gedoen om my skuldklier te toets, geen probleme nie. Wat ek egter wil weet, ek het al gelees hul praat van ''n hormoon wat meer aktief is wanneer jy onder stres is en jou laat gewig optel, watter toetse doen mens daarvoor?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Magdalena
Die hormone wat neig om in oormaat geproduseer te word tydens stres, is die hormone wat deur die sg. adrenale korteks ('n deel van die byniere) afgeskei word, nl kortisol en adrenalien. Dié hormone kan wel 'n effek op gewig hê, maar daar is ook insulien en vroulike hormone wat 'n rol kan speel. Indien jy hierdie toestand verder wil laat ondersoek, sal dit miskien raadsaam wees om 'n Endokrinoloog ('n mediese dr wat spesialiseer in hormone) te spreek. Jou huisarts kan jou verwys. Jy noem nie of jy ook jou energie-inname verlaag het nie? Oefening alleen sal nie uitgesproke gewigsverlies veroorsaak nie, maar die kombinasie van oefening en 'n effense vermindering in energie-inname, kan wel goeie verliese bewerkstellig. As jy die Endokrinoloog gesien het, en hy/sy 'n diagnose gemaak het, kan ons kyk watter dieetveranderings nodig sal wees.
Sterkte vorentoe
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/04/11

Beste Magdalena
Die hormone wat neig om in oormaat geproduseer te word tydens stres, is die hormone wat deur die sg. adrenale korteks ('n deel van die byniere) afgeskei word, nl kortisol en adrenalien. Dié hormone kan wel 'n effek op gewig hê, maar daar is ook insulien en vroulike hormone wat 'n rol kan speel. Indien jy hierdie toestand verder wil laat ondersoek, sal dit miskien raadsaam wees om 'n Endokrinoloog ('n mediese dr wat spesialiseer in hormone) te spreek. Jou huisarts kan jou verwys. Jy noem nie of jy ook jou energie-inname verlaag het nie? Oefening alleen sal nie uitgesproke gewigsverlies veroorsaak nie, maar die kombinasie van oefening en 'n effense vermindering in energie-inname, kan wel goeie verliese bewerkstellig. As jy die Endokrinoloog gesien het, en hy/sy 'n diagnose gemaak het, kan ons kyk watter dieetveranderings nodig sal wees.
Sterkte vorentoe
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement