advertisement
Question
Posted by: alta | 2010/04/21

hormone

hi,
ek het die afgelope jaar 10 kg gewig aangesit en kan dood eenvoudig nie gewig verloor nie. ek het ''n streng diet gevolg en niks verloor nie. die dr het alles getoets wat hulle kon. slegs my yster en testosterone was laag. sy het my op yster pille gesit en '', inplanting gedoen vir die hormone.
ek het weer na 8 maande my laat toets omdat ek niks verloor nie en my yster en hormone was nog steeds laag en ek het nie gewig verloor nie.
my skild klier, insolien ens was alles reg getoets.
wat moet ek verder doen. ek moet gewig verloor want ek is baie depresief oor dit. die dr het ook vir dit vir my Wellbriton voorgeskryf/
asb help my.
dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Alta
As al jou hormone wat gewigstoename beïnvloed, normaal was na 2 stelle toetse, dan is dit baie moontlik dat depressie as sulks die toename in gewig veroorsaak het. Depressie het die vermoë om pasiënte geweldig te laat gewig optel. Dit is dan ook hoekom die dr Wellbutrin voorgeskryf het en hopelik sal hierdie antidepressant jou nou help om meer positief te voel en ook te begin gewig verloor. Kombineer die antidepressant met 'n gebalanseerde verslankingsdieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') en sorg dat jy elke dag ten minste 30 min se aërobiese oefening doen om gewig te verloor. Aërobiese oefening sluit in flink stap, touspring, fietsry, of swem, of jy kan by 'n gimnasium aansluit. Oefening help nie net om gewigsverlies te bevorder nie, maar verbeter ook jou gemoedstoestand.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/04/21

Beste Alta
As al jou hormone wat gewigstoename beïnvloed, normaal was na 2 stelle toetse, dan is dit baie moontlik dat depressie as sulks die toename in gewig veroorsaak het. Depressie het die vermoë om pasiënte geweldig te laat gewig optel. Dit is dan ook hoekom die dr Wellbutrin voorgeskryf het en hopelik sal hierdie antidepressant jou nou help om meer positief te voel en ook te begin gewig verloor. Kombineer die antidepressant met 'n gebalanseerde verslankingsdieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') en sorg dat jy elke dag ten minste 30 min se aërobiese oefening doen om gewig te verloor. Aërobiese oefening sluit in flink stap, touspring, fietsry, of swem, of jy kan by 'n gimnasium aansluit. Oefening help nie net om gewigsverlies te bevorder nie, maar verbeter ook jou gemoedstoestand.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement