advertisement
Question
Posted by: ANON | 2008/10/30

HORMONE?

BESTE DOKTER

EK IS 22JAAR OUD EN WONDER WAT KAN EK DOEN OM MY PROBLEME OP TE LOS?

EK HET VIER MAANDE TERUG MET MY YASMIN GESTOP AANGESIEN EK ONREELMATIGE EN SWAAR MAANDSTONDES ERVAAR HET AL HET EK DIT VIR SEWE JAAR GEBRUIK. (EK HET MY GYNAE GAAN SIEN EN HY HET DIT VOORGESTEL) EK IS TOE OOK GETOETS VIR MY SKILDKLIER EN DIT HET GEEN FOUTE GEWYS NIE.

TWEE MAANDE TERUG HET EK ERGE DEPRESSIE OF EINTLIK MEER ANGS BEGIN ERVAAR, MY HUISDOKTER HET NUZAK 20MG VOORGESKRYF EN EK DRINK DIT DUS NOU AL TWEE MAANDE EN DIT GAAN GOED. HY HET WEER MY SKILDKLIER GETOETS EN WEER HET GEEN FOUTE GEWYS NIE.

EK ERVAAR STEEDS BAIE SWAAR MAANDSTONDES INDIEN EK MAANDSTONDES KRY - EK HET HIERDIE MAAND GEEN GEHAD. EK IS GEIRITEERD, VREESLIK MOEG EN SUKKEL OM GEWIG TE VERLOOR, EK HET MY UITHOUVERMOE EN LUS VIR ALLES VERLOOR (EK VOEL WEL NIE DEPRESSIEF EN IN ' N DONKER GAT NIE, NET LUS VIR NIKS NIE) EK HET GEEN SEKSUELE DRANGE NIE, EN WIL DUS NIE INTIEM VERKEER NIE. MY VRAAG IS DUS NOU, WAT GAAN AAN MET MY? AANGESIEN EK GEEN SKILDKLIER PROBLEME HET NIE, IS DIT MOONTLIK DAT EK ANDER HORMOONPROBLEME HET, MOET EK ' N ENDO-KRINOLOOG(?) GAAN SIEN?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Anon
Die Nuzak kan jou "lus" heeltemal wegvat! Dit kan ook jou menstruasie beinvloed. As dit bekostigbaar is moet jy dalk 'n Mirena Intrauteriene apparaat oorweeg - dis nogal duur inisieel maar hou 5 jaar en verminder jou volume van bloeding ( dis nou te sê as jy nie wil swanger word in die volgende 5 jaar nie) Praat met jou gyne daaroor? Vra ook jou dokter om dalk Wellbutrin ipv Nuzak te oorweeg as daar nie enige kontra-indikasies is vir jou gebruik daarvan nie?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement