advertisement
Question
Posted by: Moedeloos | 2010/02/11

Hormonale migraines

Ek kry vir afgelope 8 jaar elke maand migraines saam met my menstruasie. Somtyds ontwikkel die migraine nie ten volle nie en is die pyn in my kop afwesig, maar het ek al die ander simptome, aura, naarheid, vertigo, sukkel om te konsentreer en buitengewone moegheid. Ek het maar gewoonlik Mybulen gedrink. Dit is egter nou skielik asof die vertigo in gedurende hierdie tyd al hoe erger raak, tot so ' n mate dat ek soms heeltemal van balans af is en die laaste maand, toe ek Mybulen drink, het dit my so siek en dronk in my kop gemaak dat ek dit liewer nie weer sal drink nie - dieselfde het gebeur toe ek ' n naarpilletjie gedrink het! Ek het ook voorheen migraine pille (Relpax) probeer en dit help, maar dit is R200 vir 4 pille en ek gebruik al 4 pille in een week. Ek het nie daardie fondse nie. Ek het geen lewenskwaliteit in die week rondom my menstruasies met hierdie migrianes nie. Is daar nog nie ' n wondermiddel teen hierdie tipe migraines nie? Dit word tog deur hormone veroorsaak?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHeadache expert

Beste Moedeloos,

Die groot meerderheid leiers aan maandlikse hoofpyn het normale hormoonvlakke. As dit nie so was nie, dan sou u siklus nie gereeld gewees het nie. Die problem is gewoonweg nie met die hormone nie, maar in die manier wat u liggaam reageer op die normale fluktuasies in die estrogeen en progesteroon vlakke, en dit moet vasgestel word hoekom u liggaam so reageer.

Daar is ongelukkig net een manier om die problem op-te-los – u moet eers ‘n mediese ondersoek laat doen, insluitend n neurologiese ondersoek, om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. Gelukkig, in die groot meerderheid hoofpynleiers is dit nie die geval nie. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer.

Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.headacheclinic.co.za/

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Headache expert | 2010/02/12

Beste Moedeloos,

Die groot meerderheid leiers aan maandlikse hoofpyn het normale hormoonvlakke. As dit nie so was nie, dan sou u siklus nie gereeld gewees het nie. Die problem is gewoonweg nie met die hormone nie, maar in die manier wat u liggaam reageer op die normale fluktuasies in die estrogeen en progesteroon vlakke, en dit moet vasgestel word hoekom u liggaam so reageer.

Daar is ongelukkig net een manier om die problem op-te-los – u moet eers ‘n mediese ondersoek laat doen, insluitend n neurologiese ondersoek, om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. Gelukkig, in die groot meerderheid hoofpynleiers is dit nie die geval nie. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer.

Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.headacheclinic.co.za/

Reply to Headache expert

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.