advertisement
Question
Posted by: Babs | 2008/09/17

Hoop ek is verkeerd

Haai Dr

Daar is iets wat my vreeslik pla. Ek moes nou die dag n Spesialis vir iets gaan sien het. My huisdokter het die afspraak gemaak terwyl ek by haar gesit het. Toe sy klaar is, se sy vir my ek moet -|- ant vir die konsultasie betaal omrede die Spesialis glad nie van die mediese fond " claim"  nie. Ek het toe gegaan en vir my konsultasie betaal. N paar dae daarna kry ek n mail van my mediese fonds af om te se hulle het die Spesialis vir die konsultasie betaal. As ek nie n mail van my Mediese Fonds gekry het nie, sou ek nie geweet het hulle het geclaim nie. Ek het toe my Mediese Fonds gebel en hulle het die Spesialis gebel en sodoende kon hulle dit toe " reverse" . Wat my pla, is waarom stuur hulle nogsteeds die goed na die Mediese Fonds toe as hulle uitdruklik se hulle doen dit nie? Wat van die mense wat nie " notifications"  ontvang van hulle Mediese Fondse af nie? Met hoeveel mense doen hulle dit nie? Ek weet ek moet dit net los, maar dit pla my vreeslik!!! Ek moes n paar honderd rand betaal het en dan moet die Mediese Fonds weereens vir dieselfde ding betaal....

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Babs
Die mediese fondse stuur darem vir mens gereeld state om na te gaan, baie spesialiste vra kontant vir die eerste besoek en stuur daarna vir die mediese fonds. Jy mag egter jou mediese fonds vra om hierdie spesifieke spesialis se eise na te gaan om te kyk of hy besig is om hulle te mislei.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement