advertisement
Question
Posted by: QED | 2009/01/05

Hooikoors en nou hoes

Hallo Dr,

Ek het ' n ligte hooikoors aanval (ek dink) na twee weke by die see. Ek het ook begin hoes en dis asof die hoes nou bietjie erger word...daar is bietjie slym en my keel jeuk geweldig baie. Daar is geen teken van koors of iets nie.

Ek is net baie angstig om gesond te word, want ek doen oor twee weke ' n redelik groot mountain bike kompetisie en my oefen program is nou op ' n baie kretieke punt. Ek het ook gister deur ' n swerm bye gejaag met my fiets bo in die berg en die het my redelik gepeper. Dink jy ek moet maar gaan dat my huis dokter my spuit met iets soos ' n antihistamien of iets? Ek is nie regtig alergies vir bysteek nie, maar swel so bietjie op daarvan. Ek voel egter so bietjie tam na die bysteke...

Dankie...

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo QED
Jy kan dalk sommer vir jou antihistamien by die apteek kry - probeer Loratidine 1 saans vir 'n paar aande. As die bysteke baie geswel en rooi is het jy dalk bietjie kortisoon nodig en moet jy dalk liewer jou dokter sien
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement