advertisement
Question
Posted by: Corlia | 2008/09/11

Hooikoors

Ons gesin gaan gewoonlik in Desember see toe vir vakansie. Die groot probleem is dat ek baie erg hooikoors kry wanneer ek by die see is. Ek gebruik Allecet, maar dit help nie veel nie en dit veroorsaak dat ek ' n vreeslike eetlus het. Ek het ook al ander pille probeer, maar met geen sukses. Meeste van die pille maak my baie vaak en laat slaap my heeldag.

Ek het gehoor dat Loratidien (soms Claritin genoem) en Beclate neussproei moontlik kan help. Kan u my meer vertel van die produkte? Kan ek dit saam met my voorbehoedpil gebruik? Sal dit veroorsaak dat my eetlus aangewakker word en sal dit my lomerig maak?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagePharmacist

Corlia

Claritine is 'n antihistamien wat jou, nes allect, nie sal moeg maak nie. Dit word ook eenmaal daagliks geneem en werk baie goed. Daar is ook nuwer alternatiewe beskikbaar - Xyzal en Deselex.
Beclate is 'n ligte kortikosteroid. Saam met die antihistamien doen dit wondere - Jou dokter kan ook 'n sterker sproei soos Flixonase voorskryf.

Dis veilig saam met die pil.

Baie antihistamiene sal jou eetlus aanwakker, maar met die wat ek genoem het is dit relatief raar.
Die kans dat hierdie produkte jou sal moeg maak is ook BAIE klein.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Ant | 2008/09/19

What are the side effects of Pulmison?

Reply to Ant

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement