advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2008/11/20

Hoofpyne/duiseligheid

Hi Doc,

Ek drink nou al vir die afgelope 2 maande elke dag die Amiloretic (vol sterkte) en vir die laaste 3 weke het GP Lasix bygevoeg. Alhoewel die swelling/vog om my maag beter is, hou ek nogsteeds vog terug op my enkels/bene.

Ek het lanklaas Sinkopie-episode gehad, maar ek is 90% van die tyd duiselig. Ek kan sit, staan of le, ek is die heeltyd duiselig. Ek sukkel ook erg met Hoofpyne (het eers gedink dis spanning a.g.v die afstand wat ek werk-toe bestuur, maar ek het intussen ' n ryklub ontdek en bestuur nie meer nie. Maar ek het kronies hoofpyne.

Help asb. dok.

Dankie, soos altyd :o)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Chroniese hoofpyn word gewoonlik veroorsaak deurdat jy onwillekeurig op jou tande kners, of agv bo-rug spierspasma. 'n Fisioterapeut kan dit vir jou evalueer. Is die duiseligheid lighoofdigheid of voel jy dronk (draai die aarde om jou?)
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2013/09/30

Hallo Ek soek asb raad, ek is 30 jaar oud en ondervind die laaste 2 weke erge hoofpyne en duisligheid, my hande sweet gewoonlik wanneer ek so voel en my oe pipul word groot. Ek he laasweek my huis doker besoek en hy het voorgestel dat ek 'n vastende bloedoets doen vir diabetes, die toets het normal terug gekom en die dokter se my bloeddruk is ook mooi. Ek weet nou nie meer wat dit kan wees nie, het dokter dalk raad vir my. Groete Maritza

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement