advertisement
Question
Posted by: Ricks | 2009/01/20

Hoofpyne na spinale narkose

Goeie dag! My baba is verlede jaar September gebore. Ek het spinale narkose gehad. Sedert die narkose sukkel ek verskriklik met hoofpyne, veral aan die agter kant van my kop. Soms voel dit asof ek gek wil word. Wat moet ek doen?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Ricks
Spinale narkose kan vir jou na die tyd kopseer gee maar dit behoort nie so lank aan te hou nie. Miskien het jy nou nek of bo-rugspierspasma agv die baba optel, gebukkend staan om haar/hom droog te maak, te swaar doeke emmers of bababadtjies optel! Jy slaap ook seker slegter as normaal en dit kan ook hoofpyne aanhelp. Laat jou Dokter kyk, want miskien moet jy 'n fisioterapeut gaan sien. Pille drink is soos pleister plak op 'n sweer, dit verlig net die simptome - mens moet die oorsaak vind en behandel.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Ricks | 2009/01/22

Geagte Dr Bets
Baie dankie vir die raad, maar ek was al by die fisioterapeut gewees vir behandeling en dit het ook nie gehelp nie. My plaaslike dokter se dat ek vir ' n " blood-patch"  moet gaan, maar ek het nie medies nie en kan dit nie bekostig nie. Is daar geen ander raad of manier om van die hoofpyne ontslae te raak nie.

Reply to Ricks

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement