advertisement
Question
Posted by: emmie | 2011-04-01

hoofpyne

Ek is moeg gehoofpyn! Ek kry hoofpyne gewoonlik aan die linkerkant langs my oog. Dit is n kloppende pyn wat vir tot 10 dae kan aanhou. Soms skuif dit oor na die regterkant maar nie altyd nie. As ek daarop druk voel dit of dit effens verlig. Ek word snags wakker daarvan en drink nie baie pille nie want ek vind dit help nie. Deesdae kry ek ook sooibrand daarvan so ek probeer dit vermy. Ek het begin hormoonplakkers gebruik op aanbeveling van my dokter en dit het goed gegaan vir n ruk maar nou kry ek dit weer baie gereeld. (so een keer n maand)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHeadache expert

Beste Emmie,

Die groot meerderheid leiers aan maandlikse hoofpyn het normale hormoonvlakke. As dit nie so was nie, dan sou u siklus nie gereeld gewees het nie. Die problem is gewoonweg nie met die hormone nie, maar in die manier wat u liggaam reageer op die normale fluktuasies in die estrogeen en progesteroon vlakke, en dit moet vasgestel word hoekom u liggaam so reageer.

Dit is belangrik dat u n mediese ondersoek laat doen, insluitend n neurologiese ondersoek, om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. Gelukkig, in die groot meerderheid hoofpynleiers is dit nie die geval nie. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer.

Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.headacheclinic.co.za/

Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 0861 678 911 (Johannesburg, Kaapstad, Durban).

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Headache expert | 2011-04-01

Beste Emmie,

Die groot meerderheid leiers aan maandlikse hoofpyn het normale hormoonvlakke. As dit nie so was nie, dan sou u siklus nie gereeld gewees het nie. Die problem is gewoonweg nie met die hormone nie, maar in die manier wat u liggaam reageer op die normale fluktuasies in die estrogeen en progesteroon vlakke, en dit moet vasgestel word hoekom u liggaam so reageer.

Dit is belangrik dat u n mediese ondersoek laat doen, insluitend n neurologiese ondersoek, om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. Gelukkig, in die groot meerderheid hoofpynleiers is dit nie die geval nie. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer.

Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.headacheclinic.co.za/

Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 0861 678 911 (Johannesburg, Kaapstad, Durban).

Reply to Headache expert

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.