advertisement
Question
Posted by: Riana | 2011/03/23

Hoofpyne

Ek is nou al so moeg vir migraines en hoofpyne. Dit voel vir my of ek net goed voel vir 4 dae in ''n maand. My hoofpyne word meestal aangebring deur hormone, en begin al omtrent ''n week voor my mensturasie en hou aan tot ''n paar dae nadat dit verby is. Dit gaan gepaard met geweldige moegheid. Maar dan ook drink ek vir die moegheid ''n multivitamien en ysterpil en dit lyk asof dit ook ''n sneller is vir migraine! Verder het ek amper 2 maande terug by ''n gym aangesluit en maak nie saak watter oefeninge ek doen nie, lae impak of hoë  impak, ek het ''n massiewe hoofpyn daarna en voel of ek wil omval, my oë  fokus nie en ek word naar en voel oneindig sleg. Ek behoort teen hierdie tyd ten minste al ''n redelike mate van fiksheid te hê  en kan nie verstaan dat ek nog meestal so sleg voel nie!

Ek was onlangs vir ''n algemene checkup by my dokter en bloedtoetse is gedoen vir my yster, cholesterol, suiker, skildklier en ''n bloeddrukmeting word gereeld by die gym gedoen. Behalwe van ystertekort is daar niks verder fout met my nie. Ek het ook so 5 jaar terug by ''n neuroloog laat toetse doen en my breinfunksies is ook normaal. Nou is ek moedeloos.

Ek het nooit op enige tydstip R1600 - R3 600 in -|- ant om te betaal vir die hoofpyn kliniek wat hier geadverteer word nie. Ek moet dus tussen my dokter en mediese fonds kan saamwerk om ''n oplossing te vind. My vraag is net - wat kan ek nog laat toets om vas te stel wat nog die hoofpyne veroorsaak as dit nie bloeddruk of iets in die bloed is nie. Is dit moontlik dat multivitamiene migraines kan sneller? Ek het Pharmaton gedrink en nou oorgegaan na Vitaforce Nutri-B, met dieselfde probleem.

Ek is regtig baie moedeloos.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHeadache expert

Beste Riana,

Die groot meerderheid leiers aan maandlikse hoofpyn het normale hormoonvlakke. As dit nie so was nie, dan sou u siklus nie gereeld gewees het nie. Die problem is gewoonweg nie met die hormone nie, maar in die manier wat u liggaam reageer op die normale fluktuasies in die estrogeen en progesteroon vlakke, en dit moet vasgestel word hoekom u liggaam so reageer. Al die pille wat jy drink sal ook nie help nie, as die bron van die pyn nie behandel is nie.

Die groot meerderheid hoofpyn kom van twee structure – die spiere van die kaak en nek, en die slagare van die kopvel. Hierdie strukture moet getoets word, maar jou dokter het ongelukkig nie die kennis nie, want dit is 'n hoog gespesialiseerde veld. Ongelukkig het al die bloed toetse en brein funksie toetse niks daarmee te doen nie. Dit is belangrik dat u n mediese ondersoek laat doen, insluitend n neurologiese ondersoek, om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. Gelukkig, in die groot meerderheid hoofpynleiers is dit nie die geval nie. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer. Die Hoofpyn Kliniek is die enigste plek waar hierdie multidiscipinere ondersoek uitgevoer is.

Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.headacheclinic.co.za/

Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 0861 678 911 (Johannesburg, Kaapstad, Durban).

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Headache Expert | 2011/03/23

Beste Riana,

Die groot meerderheid leiers aan maandlikse hoofpyn het normale hormoonvlakke. As dit nie so was nie, dan sou u siklus nie gereeld gewees het nie. Die problem is gewoonweg nie met die hormone nie, maar in die manier wat u liggaam reageer op die normale fluktuasies in die estrogeen en progesteroon vlakke, en dit moet vasgestel word hoekom u liggaam so reageer. Al die pille wat jy drink sal ook nie help nie, as die bron van die pyn nie behandel is nie.

Die groot meerderheid hoofpyn kom van twee structure – die spiere van die kaak en nek, en die slagare van die kopvel. Hierdie strukture moet getoets word, maar jou dokter het ongelukkig nie die kennis nie, want dit is 'n hoog gespesialiseerde veld. Ongelukkig het al die bloed toetse en brein funksie toetse niks daarmee te doen nie. Dit is belangrik dat u n mediese ondersoek laat doen, insluitend n neurologiese ondersoek, om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. Gelukkig, in die groot meerderheid hoofpynleiers is dit nie die geval nie. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer. Die Hoofpyn Kliniek is die enigste plek waar hierdie multidiscipinere ondersoek uitgevoer is.

Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.headacheclinic.co.za/

Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 0861 678 911 (Johannesburg, Kaapstad, Durban).

Reply to Headache Expert

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.