advertisement
Question
Posted by: Gesiggie (Cornel) | 2011-01-10

Hoofpyne

Hi Doc,

My seuntjie, 8 jaar oud, kla al vir die afgelope 3 weke omtrent elke dag van hoofpyne. Ons was baie in die son die vakansie en ek het gedink dit kan as gevolg daarvan wees, maar die laaste week reë n dit omtrent elke dag, maar hy kla nogsteeds van hoofpyne. Hy is nie koorsig nie, maar sy oë  word met tye rooi en hy kla in die oggende en aande daarvan - basies op sy voorkop.

Kan hy dalk sinus hoofpyne kry? Hy het nie ''n loopneus of hoes of koors nie, maar dit kan dalk sin maak.

Dankie Doc,
Heerlike week vir u.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Dit kan 'n sinus hoofpyn wees - vra hom waar dit seer is - sinus hoofpyne is gewoonlik op die voorkop tussen die oë of op die wange. 'n Drukkende hoofpyn oor die hele voorkop kan spanning of spierspasma verwant wees. 'n Kloppende hoofpyn net aan die een kant kan migraine wees(kinders kan ook migraine kry)As gewone pynmedikasie nie daarvoor help nie, of hy is naar, het nekstyfheid, snaakse simptome soos swakheid in 'n arm of been of sukkel om te praat/sien, moet jy hom liewer dokter toe neem vir 'n neurologiese ondersoek.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2011-01-10

Hallo Cornel
Dit kan 'n sinus hoofpyn wees - vra hom waar dit seer is - sinus hoofpyne is gewoonlik op die voorkop tussen die oë of op die wange. 'n Drukkende hoofpyn oor die hele voorkop kan spanning of spierspasma verwant wees. 'n Kloppende hoofpyn net aan die een kant kan migraine wees(kinders kan ook migraine kry)As gewone pynmedikasie nie daarvoor help nie, of hy is naar, het nekstyfheid, snaakse simptome soos swakheid in 'n arm of been of sukkel om te praat/sien, moet jy hom liewer dokter toe neem vir 'n neurologiese ondersoek.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement