advertisement
Question
Posted by: Keen | 2008/11/13

Hoofpyne

Hallo dokter

Ek hoop dit gaan nog goed met jou? Ek het lanklaas ' n vraag gevra maar sal graag jou opinie wil hê  oor my huidige situasie.

Ek het mos ' n brandende sensasie op my hande en voete en vel in geheel. Dit het ongeveer ' n jaar terug begin en na ' n magdom van probeerslae het my internis en psigiater die regte medikasie vir my gekry. (Rivotril 0.5mg en Trepeline 50mg, Glucophage 500mg) My vel het mooi reggekom en ek het basies geen pyn of ongemaklike sensasies gehad nie.

Ongeveer so 4 weke terug het ek vreeslike kloppende hoofpyne begin kry. Na so ' n week het ek na die internis toe gegaan en hy het my bloeddruk gemeet. Dit was 210/140!!! Wel, hy het my dadelik in die hospitaal geboek en ek het na ' n paar dae weer huis toe gegaan. Die kopsere het egter gebly en ek het die internis weer ge -|- ak. My bloeddruk was nogsteeds hoog. Hy het vir my toe weer laat opneem en daarna het my bloeddruk mooi gestabiliseer . (Dis nou so 117/77) Ek het Prexum Plus en Ziak 5mg gekry. Hy het vreeslik baie bloedtoetse gedoen en ook getoets vir ' n gewas in my byniere, maar dit was alles fine. Ek het dit nou al die afgelope twee weke saam met my ander medikasie gedrink en ek moet sê  my hoofpyne het verbeter, maar dis nog nie heeltemal weg nie. Ek het nog steeds ' n drukkende gevoel in my kop en my wangbeen en kakebeen en nek is nog sererig. Ek kry ook oogpyne Maar die erg drukking is weg. Somtyds in die oggend as ek wakker word sal die kopseer begin en daar bly vir die hele dag totdat ek ' n pynpil drink. Ek het geen koors nie en geen naarheid of visuele simptome nie. In die hospitaal het hulle vir my Stilpane gegee vir die pyn en dit het gewoonlik die pyn weggevat. Ek het die internis gebel en hy is tevrede dat my bloeddruk goed onder beheer is en vermoed my hoofpyne ' n tipe spanningshoofpyn kan wees. Hy het gesê  ek kan Stilpane gebruik, maar nie elke dag nie anders kan dit die kopsere vererger.

So my vraag is dit: Kan ' n mens spanningshoofpyne kry wat weke kan aanhou???!! Ek het ' n MRI van my brein verlede jaar laat doen oor die velsensasies, maar dit was normaal en die internis voel nie dat nog ' n scan nodig is nie.

Die ander ding is dat ek nou op baie medikasie is (Rivotril,Trepeline, Glucophage, Ziak en Prexum plus is). Ek is nou eers 31 jaar oud en ek is baie ongemaklik om soveel medikasie te neem. Ek wil nie eens weet hoeveel spanning dit op my niere en lewer plaas nie.

Het jy dalk enige gedagtes oor hierdie situasie?

Groete
Eugene

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Keen
Ja mens kan chroniese spierspanningshoofpyne kry - ek stem saam dat pynpille nie die oplossing is nie. Ek vind dat fisioterapie baie goed werk vir hierdie tipe kopsere. Alhoewel mens nie graag baie pille wil drink nie, dink ek dat die waarop jy is, regtig nodig is, en dat die komplikasies wat jy sal kry as jy dit nie gebruik nie, erger is as die effek van die pille op jou liggaam.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement