advertisement
Question
Posted by: Yvdm | 2008/06/17

Hoofpyne

Dokter

Ek is 35jr oud en vandat ek kan onthou sit ek elke dag met 'n hoofpyn, party dae vaag en party dae erger, elke dag anders (hier waar ek sit het ek een). Ek kan onthou in hoërskool het 'n onderwyser 1 keer vir my gesê ek moet my hare vasmaak (skouer lengte) en ek het vir haar gesê ek wil nie, want dan gaan ek 'n hoofpyn kry en toe gryp sy my aan die hare ... Ek was ook in st8 gewees toe ek my eerste migraine gekry het, ek het op die 2de verdieping geloop en skielik sterretjies voor my gesien, die aarde het so ingeduik en ek was van balans af, met 'n verskriklike hoofpyn, wel ek dink dit was 'n migraine, almal het so gesê.

Maar dis nie oor my wat ek bekommerd is nie, dis oor my dogter. As ek nou terugdink, kan ek nie regtig onthou wanneer dit regtig begin het nie, maar sy sit ook elke dag met 'n hoofpyn. Sy kla elke dag daaroor, maar ek dink sy het ook nou al so gewoond daaraan geraak, dat sy nie eers meer kla nie. Party dae sal dit erger wees, ander dae weer vaag (soos haar ma), maar sy het in Desember 07 haar eerste "migraine" gehad, sy was toe 13. Ek het met haar deurgejaag na die dokters en hy het haar 'n inspuiting gegee.

Ons was so 13:30 vandag oppad om haar boetie by die skool te gaan haal. Sy het weer gesê sy voel funny, sy sien sterretjies en "blanks" voor haar (ek het dit ook gereeld gekry), 'n rukkie later het sy gesê sy voel duiselig en toe het sy begin naar voel, en toe die hoofpyn..... Sy het in trane uitgebars en gesê dit voel of haar kop wil ontplof. Ek het by 'n apteek gestop en hulle het vir my 'n mengsel vir migrain gegee. Toe ons by die huis kom, het sy vreeslik gehuil en ineengekrimp van die pyn. Ek het haar probeer troos en verduidelik dat die pille 'n rukkie vat voordat dit gaan begin werk, sy het so gehuil, ek wens ek kon dit net beter maak.... en toe het sy darem aan die slaap geraak.

Ek weet nie of ek bekommerd moet raak of wat nie. Ek dink ek het gelees dat migraine oorerflik is, maar is daar iets wat ek vir haar kan doen. Die apteker het nou vir my pille (migril) gegee wat hy sê ek moet vir haar gee sodra sy die sterretjies sien, maar aai, dis darem nie so lekker om jou kind in soveel pyn te sien nie, en dan skryf sy nog eksamen ook. Kan dit dalk stress wees wat dit trigger. Ek weet hulle het more sagtebal proewe en sy is baie gestress dat sy nie span gaan kry nie.

Ek kry my kind verskriklik jammer, want sy leef elke dag met 'n hoofpyn, en dan het sy ook nog gewrigspyne en maagpyne wat sy gereeld kry. Sy drink elke dag MSM vir die gewrigspyne. Het u asseblief vir my raad wat ek vir haar kan doen, ASSEBLIEF. Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHeadache expert

Beste Yvdm,

Ons kan definitief vir jou dogter help. Dit is belangrik dat sy eers n mediese ondersoek laat doen, insluitend n neurologiese ondersoek, om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. Gelukkig, in die groot meerderheid hoofpynleiers is dit nie die geval nie. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer.

Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.headacheclinic.co.za/

Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 0861 678 911 (Johannesburg, Kaapstad, Durban).

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Rina | 2008/07/30

Neem haar so gou as moontlik na ' n Chiopraktesyn.

Reply to Rina

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement