advertisement
Question
Posted by: Smartie | 2009/08/31

Hoofpyn na 40

Kan mens megraine ontwikkel na 40? Saam met erge hoofpyn onwikkel ek ook winde wat boontoe uitborrel.Hoofpyn duur net 1dag en geen medikasie help.Net stil le en probeer slaap. Soms vind projektiele braking plaas.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHeadache expert

Beste Smartie,

‘N mens kan op enige ouderdom migraine ontwikkel, maar dit is gewoonweg nie met winde en projektiele braking gekoppel nie. My advies is om eers jou algemene praktisyn raad te pleeg oor die winde en die braking. As hy geen oorsaak kan diagnoseer, dan moet u ‘n mediese ondersoek laat doen, insluitend n neurologiese ondersoek, om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. Gelukkig, in die groot meerderheid hoofpynleiers is dit nie die geval nie. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer.

Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.headacheclinic.co.za/

Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 0861 678 911 (Johannesburg, Kaapstad, Durban).

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement