advertisement
Question
Posted by: Nellis | 2011/03/09

Hoofpyn, lighoofdiheid en floutes.

My vrou is 35 jaar oud enhet reeds ''n paar keer skielik sleg begin voel en dan flou geword. Die gevoel gaan gewoonlik gepaard met ''n " dik"  gevoel in die kop en die gevoel dat haar kop " draai" . Sy raak dan ook skielik uiters naar, maar meestal kan sy nie opgooi nie. Die floutes is redelik ernstig aangesien sy herhaaldelik al baie hard geval het. Die tydperk van die vloutes wissel van een of twee minute tot soms so lank as 15 of 20 minute. Sy is reeds behandel vir lae bloeddruk, maar dit kom steeds voor. Sy het reeds ''n gehoortoes ondergaan op aandrang van  n oor, neus en keel spesialis. Sy het ook al ''n MRI gehad asook ''n EEG. Na al die toetse, wat bloed toetse insluit, kon niks verkeerd gevind word nie. Daar is geen probleme met haar ore of gehoor nie. Daar is geen gewasse of dergelike ding teenwoordig bie. Die probleem is dat sy tans een van hierdie " aanvalle"  beleef en reeds vir meer as ''n week sukkel met die lighoofdigheid en dronk gevoel in haar kop. Die naarheid word met medikasie beheer en is tans nie te erg nie. Die oor, neus en keel spesialis wil haar nou stuur na ''n neuroloog toe. Kan iemand dalk raad gee?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHeadache expert

Beste Nellis,

Ek dink dat die eerste stap is om 'n neuroloog te raadpleeg. As die neuroloog nie kan help nie, dan bel my asb op 0825555763 na 4nm enige dag.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Headache Expert | 2011/03/10

Beste Nellis,

Ek dink dat die eerste stap is om 'n neuroloog te raadpleeg. As die neuroloog nie kan help nie, dan bel my asb op 0825555763 na 4nm enige dag.

Reply to Headache Expert

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement