advertisement
Question
Posted by: Echelle | 2009/08/05

Hoofpyn

Hello Cyberdoc

Vir die laaste paar weke kry ek vinnig hoofpyn. Na werk as ek by die huis kom dan pyn my kop baie en ek drink nou al elke aand ' n betapyn, meeste aande sommer twee. My kop voel dik en wil dan net sit en lui wees en het dan geen energie. Ek voel ook verskriklik aggressief, maar dis nie ' n nuwe probleem nie. Ek raak vinnig geirriteerd en dit begin my te pla dat ek so ' n aggressiewe persoonlikheid het. Is daar iets fout met my hormone?

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Echelle
Jy is dalk gespanne en het dalk nou chroniese nek en borug spasma wat spanningshoofpyne veroorsaak. Dit sal dalk help om 'n fisioterapeut te sien en ook met jou dokter te praat oor moontlike voorskrif vir iets om jou rustiger te laat voel. Mens moet probeer om nie elke dag pynpille te drink nie - dit is sleg vir jou niere en veroorsaak "terug slag" hoofpyne.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement