advertisement
Question
Posted by: Nina | 2009/11/17

honger

ek ervaar tans iets wat vir my baie snaaks is. is op weighless en ek eet pronutro as ' n carb in die oggend. maar vind dat ek ' n uur en ' n half daarna skreeu honger is. die groepleier het aanbeveel dat ek 2 carbs in die oggende eet. dit het presies dieselfde uitwerking.
nou het ek uitgevind dat as ek my joghurt en vrug in die oggend vir ontbyt eet ek tot omtrent 11 uur kan gaan voordat ek honger word. ( ek eet so 07:00 my ontbyt)
wat sou die rede hier voor wees?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Nina
Dit is glad nie snaaks wat jy ervaar! Pronutro, behalwe die "wholewheat, apple bake of original" het 'n hoë glisemiese indeks (GI). As jy dus gewone Pronutro eet, sal dit jou bloedinsulienvlakke vinnig laat styg, wat jou bloedglukosevlakke vinnig laat daal en die honger veroorsaak. Indien jy Pronutro "wholewheat, apple bake of original" sou eet behoort dit nie te gebeur nie, want die variasie het 'n lae-GI. Sodra jy jogurt of lae-vet melk by 'n hoë-GI ontbytgraan voeg, verlaag dit die GI van die kombinasie en sal jy langer versadig voel. Probeer die volkoring variasies Pronutro saam met jogurt of melk. Dit behoort jou nie te laat honger voel nie. Maar 'n ontbyt van lae-GI vrugte soos appels, pere, pruime en jogurt het ook 'n lae GI en is 'n goeie keuse.
Sterkte met die dieet
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2009/11/17

Beste Nina
Dit is glad nie snaaks wat jy ervaar! Pronutro, behalwe die "wholewheat, apple bake of original" het 'n hoë glisemiese indeks (GI). As jy dus gewone Pronutro eet, sal dit jou bloedinsulienvlakke vinnig laat styg, wat jou bloedglukosevlakke vinnig laat daal en die honger veroorsaak. Indien jy Pronutro "wholewheat, apple bake of original" sou eet behoort dit nie te gebeur nie, want die variasie het 'n lae-GI. Sodra jy jogurt of lae-vet melk by 'n hoë-GI ontbytgraan voeg, verlaag dit die GI van die kombinasie en sal jy langer versadig voel. Probeer die volkoring variasies Pronutro saam met jogurt of melk. Dit behoort jou nie te laat honger voel nie. Maar 'n ontbyt van lae-GI vrugte soos appels, pere, pruime en jogurt het ook 'n lae GI en is 'n goeie keuse.
Sterkte met die dieet
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement