advertisement
Question
Posted by: RR | 2009/03/25

Hond op hitte

Ek is al moedeloos! My worsie is op hitte en ek kry haar eintlik baie jammer. Sy is soos ' n kind in die huis en slaap in my bed onder die kombers en het toegang tot die huis deur die dag. Die enigste probleem nou is dat ek die beddegoed elke dag moet was, want sy bloei baie. My man weier dat ons haar of die reun laat regmaak want hy soek baba hondjies, en wanneer ek begin met die storie dat daar baie diere by die SPCA is wat nie huise het nie en ek wil nie he my diertjies moet daar opeindig nie, begin ' n elle lange argument wat ek altyd verloor. So die feit is dat sy gaan kleintjies kry as ek nie daarin slaag om die reun van haar weg te hou nie. Sover ek weet sukkel die reun vreeslik om naby haar te kom ( hy kry nie die plekkie so lekker nie), en wanneer ek by die huis is, probeer ek hom weghou van haar, maar ek werk deur die dag so ek weet nie of hy dan regkom nie. Syhet die 22ste begin bloei, hoe lank nog voor die tydperk verby is?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Hallo RR

Die hele hitte vat so ongeveer 3 weke. Van dag sewe af kan hulle staan vir 'n reun. Ek dink jou man moet 'n stokperdjie kry en nuwe vriende maak. Begin om rolbal voor te stel.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: lynette | 2015/01/11

My miniatuur jackrussel, 4 jaar oud. Syhet al 2 weke voor kersfees begin bloei en bloei nog steeds. Dis so jelly rigge bloeding. Daar was nog nooit n reun by haar nie. Is ditnie biekie lank nie, sy bloeigewoonlik so 2 weke endis regtig baie min, maar hierdie keer is dit erg. Wat kan fout wees?

Reply to lynette
Posted by: Anonymous | 2014/04/02

Ek het n sharpay die met baie rinkles in hulle gesigte sy het 2 dae terug op hitte gegaan ek kan nie meer die gehuilery vat omdat sy buite toegemaak word nie, dis die 1ste keer wat sy buite is en slaap en nie die heeldag by my is nie, hoe lank bly hulle op hitte?

Reply to Anonymous
Posted by: WR | 2009/03/25

Sy sal eers hier rondom dag 12-14 reeg wees om gedek te word - net na sy ophou bloei.
Vat jou man SPCA toe - sodat hy self kan sien hoeveel worsies en worsie look-alikes daar is.

Reply to WR

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement