advertisement
Question
Posted by: Christa | 2009/01/14

Q.

HOND: OORMATIGE HAARVERLIES

Ons 4-jaar oue gesteriliseerde boerboel verloor uitermate baie hare reg deur die jaar. (Nie slegs met seisoenwisseling nie.) Hy eet Vet' s Choice premium droë  kos en ' n half blikkie Husky hondekos per dag. Hy toon geen simptome van velirritasie soos krap, skuur, ens. nie. Hy is ook baie gesond. Hy " skud"  egter dikwels die hare af. Hy word gereeld geborsel en een maal per maand professioneel gewas en vir vlooie en bosluise behandel. Hy het geen kaal kolle op sy vel nie. Aangesien hy deel van die huishouding is en ons daarvan hou om hom by ons in die huis te hê  veroorsaak dit egter ' n higië niese probleem. Is daar enige raad wat u kan gee? Ons is gesoute honde eienaars en het al onder andere ' n bull mastiff, engelse bulhond en border collie gehad - almal met ' normale'  haarverlies.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement