advertisement
Question
Posted by: Helena | 2011/11/15

Hoeveelheid

Hallo dokter

Ek hoop dit gaan goed.

Ek eet graag Wholewheat Pronutro vir ontbyt. Is 1/3 koppie te min/veel/genoeg?

Ook, ek kon nie Weetbix kry nie, toe koop ek Weetbix flakes. Hoeveel gram/koppie is gelykstaande aan 1 blokkie? En hoeveel Weetbix mag mens eet vir ontbyt vir gewigsverlies?

Ek weeg Donderdag na werk. Sal dokter op hoogte bring Vrydag oggend hoe dit gegaan het.

Groete,
Helena

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Wees gegroet! Ek dink 1/3 koppie Heelgraan Pronutro met 1/2 koppie vet-vrye melk/jogurt behoort genoeg te wees vir ontbyt. Wat die "Weetbix Flakes" aanbetref, vra jy nou vir my vas. Ek het nie 'n pakkie van hierdie ontbytgraan by my nie, en kan dit dus nie vir jou weeg nie, maar jy kan dit wel weeg. Volgens die MNR Voedselkwantiteit Handboek, weeg 1 eenheid of een blokkie Weetbix 25 g! Ek sal skat dat 1/2 koppie van daardie Weetbix Flakes ongeveer 25 g gaan weeg. Dit behoort genoeg te wees vir ontbyt mits jy dit saam met 'n 1/2 koppie vet-vrye melk/jogurt eet. Onthou tog dat Weetbix 'n hoë-GI kos is. Die melk of jogurt sal die GI wel verlaag, maar dit gaan nie so versadigend wees soos die Heelgraan Pronutro nie! Ek hou duim vas vir Donderdag.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/11/15

Beste Helena
Wees gegroet! Ek dink 1/3 koppie Heelgraan Pronutro met 1/2 koppie vet-vrye melk/jogurt behoort genoeg te wees vir ontbyt. Wat die "Weetbix Flakes" aanbetref, vra jy nou vir my vas. Ek het nie 'n pakkie van hierdie ontbytgraan by my nie, en kan dit dus nie vir jou weeg nie, maar jy kan dit wel weeg. Volgens die MNR Voedselkwantiteit Handboek, weeg 1 eenheid of een blokkie Weetbix 25 g! Ek sal skat dat 1/2 koppie van daardie Weetbix Flakes ongeveer 25 g gaan weeg. Dit behoort genoeg te wees vir ontbyt mits jy dit saam met 'n 1/2 koppie vet-vrye melk/jogurt eet. Onthou tog dat Weetbix 'n hoë-GI kos is. Die melk of jogurt sal die GI wel verlaag, maar dit gaan nie so versadigend wees soos die Heelgraan Pronutro nie! Ek hou duim vas vir Donderdag.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement