advertisement
Question
Posted by: Christine | 2009/11/10

HOEVEEL MOET EK EET?

Beste DietDoc

Ek wil graag weet hoeveel porsies ek daagliks van elke voedselgroep behoort te eet. Ek het nie nodig om gewig te verloor nie (ek is 1.63m lank en weeg 50kg), maar ek oefen (meestal draf) 3 - 4 keer per week en wil seker maak dat ek wel genoeg van die regte kosse eet. Ek het ook gedurig lae ysterstore, waarvoor ek redelik gereeld behandeling ontvang. Dit word blykbaar veroorsaak deur swak absorpsie. Kan u my asseblief adviseer hoe om ' n behoorlike dieet saam te stel en terselfdertyd ook die nodige aandag aan my ystertekort te gee?

Baie dankie vir ' n puik forum.

Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Christine
Ek het nie 'n voorbeeld van 'n sg. 'normale dieet' op hierdie Webwerf vir jou nie, maar jy kan kyk na die gebalanseerde verslankingsdieet deur op 'Diet' bo aan hierdie bladsy te klik en dan op 'Weight Loss' en 'Slimming Diet' en te kyk na die lae-vet, hoë-vesel dieet. Omdat jy baie maer is (BMI = 18,8) en baie straf oefen, wil ek voorstel dat jy kyk na die voedsels wat voorgestel word en soveel van hulle eet as jy voor lus is. Geen beperkings nie. Jy kan ook die vetinname (gesonde vette soos olyfolie) verdubbel en volroom melk en jogurt eet. Wat die ystergebrek aanbetref is die beste bronne van maklik absorbeerbare yster: vleis, vis, eiergeel, droë vrugte, en ysterverrykte ontbytgrane, mieliemeel en brood (alle mieliemeel en koringbrood en -meel in SA word met yster verryk). Eet ook 'n bron van vitamien C saam met jou ontbytgraan of pap (bv. lemoensap, bessies, aarbeie, koejawels, papaja, spanspek), want vit C verbeter die opname van yster uit kosse.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2009/11/10

Beste Christine
Ek het nie 'n voorbeeld van 'n sg. 'normale dieet' op hierdie Webwerf vir jou nie, maar jy kan kyk na die gebalanseerde verslankingsdieet deur op 'Diet' bo aan hierdie bladsy te klik en dan op 'Weight Loss' en 'Slimming Diet' en te kyk na die lae-vet, hoë-vesel dieet. Omdat jy baie maer is (BMI = 18,8) en baie straf oefen, wil ek voorstel dat jy kyk na die voedsels wat voorgestel word en soveel van hulle eet as jy voor lus is. Geen beperkings nie. Jy kan ook die vetinname (gesonde vette soos olyfolie) verdubbel en volroom melk en jogurt eet. Wat die ystergebrek aanbetref is die beste bronne van maklik absorbeerbare yster: vleis, vis, eiergeel, droë vrugte, en ysterverrykte ontbytgrane, mieliemeel en brood (alle mieliemeel en koringbrood en -meel in SA word met yster verryk). Eet ook 'n bron van vitamien C saam met jou ontbytgraan of pap (bv. lemoensap, bessies, aarbeie, koejawels, papaja, spanspek), want vit C verbeter die opname van yster uit kosse.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.