advertisement
Question
Posted by: KAREN | 2010-01-27

HOEVEEL KJ

HI, EK IS 1.65 LANK EN WIL GRAAG WEET HOEVEEL KJ MOET MENS INNEEM OM GEWIG TE VERLOOR EN AS MENS JOU IDIALE GEWIG BERUIK HET HOEVEEL KJ MOET MENS INNEEM OM JOU GEWIG TE HOU WAAR DIT IS EN NIE OP TE TEL NIE. EK OEFEN 3 KEER N WEEK VIR OM EN BY N 1UUR LANK, WAT BESTAAN UIT IETSIE VAN ALS, VAN CARDIO TOT GEWIGTE EN SITUPS EN SO AAN. EK HET REEDS 10KG VERLOOR EN HET NOG SO 8 OM AF TE SKUD, MAAR STAAN STIL EN HET IN DIE LAASTE MAAND EN HALF NIKS VERLOOR NIE. DIT WAT EK GEDOEN HET OM DIE 10 TE VERLOOR WERK NIE MEER NIE. EK IS RAAD OP EN WIL NOU AL MOED OPGEE, WANT WAT HELP DIT JY DOEN DIE MOEITE MAAR VERLOOR NIKS NIE. DANKIE VIR U HULP. KAREN

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Karen
As 'n volwasse vrou wat wil gewig verloor, stem die meeste deskundiges ooreen dat jy 6300 kJ per dag behoort in te neem. Dis is 2100 kJ minder as die 8400 kJ per dag wat volwasse vrouens behoort in te neem as hulle nie verslank nie. Jy noem nie wat jy gedoen het om die 10 kg te verloor, maar as jy 'n gebalanseerde, lae-vet, lae-GI (glisemiese indeks) dieet en die oefening gebruik het om dit te bereik, dan sal ek jou aanraai om te volhard. Probeer om meer kardio-oefeninge te doen omdat dit jou metabolisme meer stimuleer as oefeninge met gewigte. Indien jy steeds nie verder gewig verloor nie, is dit moontlik dat jy aan 'n hormoonwanbalans ly (tiroïed, insulien of vroulike hormone) en indien dit moontlik die oorsaak is, kan jou huisarts die nodige toetse laat doen om vas te stel of daar 'n probleem is.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010-01-27

Beste Karen
As 'n volwasse vrou wat wil gewig verloor, stem die meeste deskundiges ooreen dat jy 6300 kJ per dag behoort in te neem. Dis is 2100 kJ minder as die 8400 kJ per dag wat volwasse vrouens behoort in te neem as hulle nie verslank nie. Jy noem nie wat jy gedoen het om die 10 kg te verloor, maar as jy 'n gebalanseerde, lae-vet, lae-GI (glisemiese indeks) dieet en die oefening gebruik het om dit te bereik, dan sal ek jou aanraai om te volhard. Probeer om meer kardio-oefeninge te doen omdat dit jou metabolisme meer stimuleer as oefeninge met gewigte. Indien jy steeds nie verder gewig verloor nie, is dit moontlik dat jy aan 'n hormoonwanbalans ly (tiroïed, insulien of vroulike hormone) en indien dit moontlik die oorsaak is, kan jou huisarts die nodige toetse laat doen om vas te stel of daar 'n probleem is.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement