advertisement
Question
Posted by: Desirè  | 2012/05/21

hoeveel kilojoules moet ek inneem?

Liewe Dokter

Ek is 32 jaar oud, 1.52m lank en weeg 81 kg, ek is ook insulien weerstandig. Ek wil graag weet hoeveel kilojoules moet ek ineem per dag om gewig te verloor? ek doen gee oefening nie.
Baie dankie vir u tyd.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Desire
Algemeen gesproke, word dit aanbeveel dat volwasse vrouens wat wil gewig verloor, hul energie-inname tot 6300 kJ per dag behoort te verminder. Omdat jy egter ook insulienweerstandig is, sal ek egter aanbeveel dat jy ook let op die glisemiese indeks (GI) van die kosse wat jy in jou dieet gebruik. Klik ook op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy, op 'Weight loss' en dan op 'The Glycaemic Index' om artikels oor hierdie onderwerp te lees. Indien jy vind dat dit te kompleks is om die lae-vet, lae-GI dieet op jou eie toe te pas, sal dit goed wees as jy 'n geregistreerde dieetkundige sal raadpleeg. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.adsa.org.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal vir jou help met 'n lae-vet, lae-GI dieetvoorskrif sodat jy die probleem met jou insulienweerstandigheid kan bekamp en ook gewig sal kan verloor.
Probeer ook om elke dag vir ten minste 30 minute aktief te wees (bv. flink stap of touspring).
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/05/21

Beste Desire
Algemeen gesproke, word dit aanbeveel dat volwasse vrouens wat wil gewig verloor, hul energie-inname tot 6300 kJ per dag behoort te verminder. Omdat jy egter ook insulienweerstandig is, sal ek egter aanbeveel dat jy ook let op die glisemiese indeks (GI) van die kosse wat jy in jou dieet gebruik. Klik ook op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy, op 'Weight loss' en dan op 'The Glycaemic Index' om artikels oor hierdie onderwerp te lees. Indien jy vind dat dit te kompleks is om die lae-vet, lae-GI dieet op jou eie toe te pas, sal dit goed wees as jy 'n geregistreerde dieetkundige sal raadpleeg. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.adsa.org.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal vir jou help met 'n lae-vet, lae-GI dieetvoorskrif sodat jy die probleem met jou insulienweerstandigheid kan bekamp en ook gewig sal kan verloor.
Probeer ook om elke dag vir ten minste 30 minute aktief te wees (bv. flink stap of touspring).
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.