advertisement
Question
Posted by: Antoinette | 2011/08/29

Hoeveel keer mens moet eet.

Ek lees toe Eet Slim bly slank, van Liesbet en Gabi en wonder toe oor die sinnetjie.

Eet is iets wat jy so 2 of 3 keer ''n dag doen omdat jy honger is totdat jy versadig voel. As ek ook net eet wanneer ek honger is sal dit ook net 2 of 3 keer ''n dag wees. Ek is nou oorgewig met ''n so 5 kg, maar eet 5-6 keer ''n dag om my metabolisme ''n hupstoot te gee.
Ek het nou vir 2 dae net geeet toe ek honger was en dit was aansienlik minder as wat ek gewoonlik eet, en snaaks genoeg het ek nie sleg gevoel of moeg na ete nie.

Wat is jou mening doc, moet mens konstant jou liggaam voer al is jy nie werklik honger nie, of kan mens nog ''n op en wakker metabolisme hê  as jy net eet wanneer jou liggaam dit vra?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Antoinette
Die meerderheid mense is deesdae gewoond daaraan om 3 groter maaltye per dag te eet, en sal sukkel om net 2 keer per dag te eet. Navorsing het wel aangedui dat persone wat 'knabbel' ("nibblers") neig om minder te weeg as persone wat 3 groot maaltye per dag eet ("gorgers". Dus is jou vorige patroon van eet, een wat tog sal bydra tot gewigsverlies of jou gewig konstant sal hou, mits die kosse wat jy 5-6 keer per dag eet, lae-vet, gesonde kosse is. Dit sal nie help om 5-6 keer per dag hoë-vet versnaperings te eet nie. Indien jy egter vind dat jy net hoef te eet as jy honger voel en dit jou voedselinname verminder so dat jy daardie 5 kg kan verloor, dan goed en wel. As jy egter met daardie eetpatroon meer en meer gewig verloor tot jy ondergewig is, dan sal jy moet terugkeer tot jou vorige eetpatroon.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/08/29

Beste Antoinette
Die meerderheid mense is deesdae gewoond daaraan om 3 groter maaltye per dag te eet, en sal sukkel om net 2 keer per dag te eet. Navorsing het wel aangedui dat persone wat 'knabbel' ("nibblers") neig om minder te weeg as persone wat 3 groot maaltye per dag eet ("gorgers". Dus is jou vorige patroon van eet, een wat tog sal bydra tot gewigsverlies of jou gewig konstant sal hou, mits die kosse wat jy 5-6 keer per dag eet, lae-vet, gesonde kosse is. Dit sal nie help om 5-6 keer per dag hoë-vet versnaperings te eet nie. Indien jy egter vind dat jy net hoef te eet as jy honger voel en dit jou voedselinname verminder so dat jy daardie 5 kg kan verloor, dan goed en wel. As jy egter met daardie eetpatroon meer en meer gewig verloor tot jy ondergewig is, dan sal jy moet terugkeer tot jou vorige eetpatroon.
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement