advertisement
Question
Posted by: Jana | 2012/02/11

Hoeveel?

Ek stap elke dag vir 1 uur teen 6.5km. Dit verbrand omtrent 1400kJ per dag. Ek moet nog 1000kJ per dag verbrand deur my dieet, om min of meer ''n halwe kilogram per week te verloor. Is dit korrek?

Ek is nie seker hoeveel ek mag eet om hierdie 1000kJ vermindering in my dieet aan te bring nie. Hoeveel mag ek eet?

Ek is 1.65m en 65kg.

Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Jana
Jou huidige BMI = 23,9, wat alreeds naby die ideaal van 22 is. Dit is dus nie eintlik nodig dat jy nog baie gewig verloor nie - om ‘n BMI van 22 te bereik, sal jy 60 kg moet weeg, dus net ‘n verlies van 5 kg. Omdat jy so naby jou ideale gewig is, sal jy ook sukkel om nog te verloor. Die basiese beginsel van verstandige gewigsverlies is dat volwasse vrouens hul energie-inname van 8400 kJ tot 6300 kJ per dag verminder, m.a.w. 'n verlaging van 2100 kJ/dag en dit kombineer met 30 min se aërobiese oefening elke dag. Afgesien van die energie wat jy met jou oefening opgebruik, laat oefening jou Basiese Metaboliese Tempo ook verhoog vir tot 24 uur na oefening wat nog baie meer energie opbruik. Vir 'n voorbeeld van 'n gebalanseerde, lae-vet, energie-ingekorte verslankingsdieet klik op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy, dan op 'Healthy Diets' en dan op 'Slimming Diet'.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/02/12

Beste Jana
Jou huidige BMI = 23,9, wat alreeds naby die ideaal van 22 is. Dit is dus nie eintlik nodig dat jy nog baie gewig verloor nie - om ‘n BMI van 22 te bereik, sal jy 60 kg moet weeg, dus net ‘n verlies van 5 kg. Omdat jy so naby jou ideale gewig is, sal jy ook sukkel om nog te verloor. Die basiese beginsel van verstandige gewigsverlies is dat volwasse vrouens hul energie-inname van 8400 kJ tot 6300 kJ per dag verminder, m.a.w. 'n verlaging van 2100 kJ/dag en dit kombineer met 30 min se aërobiese oefening elke dag. Afgesien van die energie wat jy met jou oefening opgebruik, laat oefening jou Basiese Metaboliese Tempo ook verhoog vir tot 24 uur na oefening wat nog baie meer energie opbruik. Vir 'n voorbeeld van 'n gebalanseerde, lae-vet, energie-ingekorte verslankingsdieet klik op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy, dan op 'Healthy Diets' en dan op 'Slimming Diet'.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.