advertisement
Question
Posted by: mama | 2008/08/25

hoes medisyne

More dokter, ek wil al huil van moedeloosheid. My kind 2 en half was verlede maandag by ' n ONK spesialis, hy het toe vog in die oorpypies opgemerk en voorgestel dat my kind vir 10dae, Illiadin, adco-sudafed en Prozef gebruik. Hyt gesê  hy moet alle ander medisyne staak. My kind het toe al ' n verkoue gehad en ' n lelike hoes wat nou net vereger het. Ek het die dr gebel en hyt gese ek kan by die apteek ' n hoesstroop kry wat ek saam die goed mag gee. Ek het Pholtex gekry. Ons gebruik dit nou al vir 5dae 2.5ml , 3keer ' n dag. En hy raak net nie beter nie. Ek is so benoud! Ek is bang sy hoes sit oor in iets erger. Hy hoes as hy bedrywig is en hy hoes homself wakker in die nag en hy hoes ook vroeg oggend. soms is dit ' n slym hoes en soms ' n droee hoes. Wat moet ek doen? Hy gaan die 28ste terug na ONK.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Mama
Ek dink jy moet hom net na jou GP toe vat dat hy asb na sy longe luister en hoor of dit nodig is om 'n x/straal te neem - hy kan selfs op antibiotika virus longontsteking kry. Dit gaan goedkoper en vinniger wees as om vroeer by die ONK dr in te kom. As daar fout is kan jou GP die ONK spesialis bel en hoor of hy die medikasie kan verander.
Dr BEts

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement