advertisement
Question
Posted by: Daantjie | 2012/07/07

Hoes in staande posisie

Ek dink nie die dokters en aptekers wat ek in die verlede geraadpleeg het, neem my ernstig op nie. My probleem is dat ek, nadat ek ''n verkoue gehad het, aanhoudend begin hoes as ek regop staan of -sit. As ek plat lê  (of slaap) of agteroor sit, hoes ek glad nie. Dit hou soms tot twee maande so aan. Absoluut niks wat die dokters voorskryf, help nie. Dit is geweldig irriterend vir my en die mense rondom my.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Daantjie

Dit is gewoonlik as gevolg van 'n virale brongitis en jy kan jou apteker vir 'n pompie, naamlik Ipvent vra. Dit sal help om die hoes te verminder/verbeter. Dit is ook moontlik dat wanneer jy staan of sit, jou sinusse beter dreineer en dit die hoes veroorsaak. Ek stel dus voor dat jy die pompie van jou apteker kry en 'n afspraak by 'n oor-, neus- en keelspesialis vir 'n ondersoek maak, om kroniese sinusitis uit te skakel.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement