advertisement
Question
Posted by: Nollies | 2010-10-19

Hoes en slym...?

Ek hoop maar julle kan Afrikaans praat hier. Ek het nou 34 dae gelede opgehou rook deur Allan Carr se boek " Easyway"  te lees. Ek het net gelos, geen ''cravings'', geen moods, net verligting en uitsien na ''n lewe sonder sigarette.
MAAR, ek hoes nou meer as ooit, daar is heeltyd slym in my keel en bors. My sinus pla heeltyd (toe neus en soms loperig) Ek is amper by ''n tyd wat ek oorweeg om weer te rook net sodat dit beter gaan. Is dit maar die herstelproses? Of moet ek maar ''n dokter gaan sien hieroor?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Nollies
Natuurlik praat ons Afrikaans! Die hoes en “verkoue simptome” is normal vir iemand wat ophou rook – mens het sulke klein “haartjies” in jou lugwee wat die lugpypies ensovoorts skoon hou deur ‘n vee beweging. As jy rook word dit verlam, en as jy ophou rook werk dit die eerste paar weke oortyd om in te haal! Jy kan iets soos Benylin drink om die slym los te maak, en jy kan iets soos Sudafed of Allergex drink vir die neus simptome. Byt vas – een van die dae gaan dit beter gaan en dit is die beste besluit wat jy kon gemaak het!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Pieter | 2010-10-19

Nollies gaan kyk bietjie na hierdie site , sal jou ook baie help .
WhyQuit dot com

Reply to Pieter
Posted by: Nollies | 2010-10-19

Dankie Pieter
Ek het net begin dink daai laaste " smoke"  was die laaste strooi. Dalk te lank gewag..... Ek sien dan uit daarna dat dit oorgaan.

Reply to Nollies
Posted by: Pieter | 2010-10-19

Hi Nollies,
Dit sal oorgaan , in jou keel is daar baie klein haartjies wat dood gegaan het met die gerokery, Noudat jy opgehou het begin hulle weer groei. Die doel van hierdie haartjie is slym beheer in jou keel.So hulle begin nou net weer hul werk doen.
Vasbyt ek het ook 4 jaar terug opgehou rook, beste besluit ooit.

Reply to Pieter
Posted by: Cyberdoc | 2010-10-19

Hallo Nollies
Natuurlik praat ons Afrikaans! Die hoes en “verkoue simptome” is normal vir iemand wat ophou rook – mens het sulke klein “haartjies” in jou lugwee wat die lugpypies ensovoorts skoon hou deur ‘n vee beweging. As jy rook word dit verlam, en as jy ophou rook werk dit die eerste paar weke oortyd om in te haal! Jy kan iets soos Benylin drink om die slym los te maak, en jy kan iets soos Sudafed of Allergex drink vir die neus simptome. Byt vas – een van die dae gaan dit beter gaan en dit is die beste besluit wat jy kon gemaak het!
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement