advertisement
Question
Posted by: Charlotte | 2011/05/06

hoes

Hello Dr
Ek gebruik Pharmapress vir hoë  bloeedruk en verstaan dat sommige bd meds mens kan laat hoes, alhoewel ek tog jou opinie sal waardeer. Ek hoes aanhoudend, wil dadelik badkamer toe met behoefte om op te bring en moet my kop vashou, dit pyn en ek is duiselig, moet ek dalk oorweeg om die bd meds te staak, ek gebruik ook simvastatin vir cholesterol. Sukkel ook met rustelose bene, teer en geswelde buik, sommer moedeloos. Baie dankie
ps. my man dink ek moet dr toe, maar ek gaan nie sommer, hou niks van die pille gedrinkery nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Charlotte

Dit is ongelukkig baie belangrik om jou dokter te konsulteer, sodat hy al jou klagtes kan aanspreek. Pharmapress is deel van 'n bloeddruk groep pille, nl. "ACE-inhibitors". Hierdie groep veroorsaak beslis 'n hoes. Ons dokters verwys daarna as 'n "ACE-hoes".

Ek stel voor dat jy hierdie medikasie staak en dat jou dokter ander bloeddruk medikasie voorskryf.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Charlotte | 2011/05/10

Beste Dr

Baie dankie vir die terugvoer, ek was by my gesinsdokter en my klagtes is aangespreek, sal sien hoe dit gaan.

Vriendelike groete

Charlotte

Reply to Charlotte

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement