advertisement
Question
Posted by: Playgirl | 2006/01/20

Q.

Hoe weet 'n mens jy het kanker.....

Ek lees altyd so van kanker ensovoorts, my baas het Kolon en lewer kanker gehad onlangs. Die Kolon kanker het hulle eers baie laat ontdek, maar my vraag is net, toon meeste van kanker nie simptone sodra jy kanker het nie. Byvoorbeeld, as jy borskanker het en jy weet dit nie - tog moet daar simptone wees van naarheid, jy verloor gewig, ens. ens.? Ek is SO baie bang ek het dalk een of ander kanker, en ek weet dit nie.

1
user comments
Posted by: ZeeZee | 2006/01/23

Hi Playgirl

Hier is 'n paar waarskuwings tekens
'n Moesie wat van kleur verander of geirriteerd voorkom
'n Seertjie op die vel of in die mond wat nie wil genees nie
Bloeding uit 'n liggaamsopening (neus ore mond rektum ureta of die vagina na menopouse
'n Tasbare massa of knop wat tevore nie daar was nie
Onverklaarbare gewigsverlies
Blaas of stoelganggewoontes wat verander en langer as 2 weke duur
Ander simptome soos heesheid, 'n droe hoesie, moegheid of nagsweet wat langer as 2 weke duur en waarvoor daar nie 'n verklaring is nie.
Ek het hierdie in Dr Christiaan se boek Gesond vir 'n leeftyd. Hoop dit help

Reply to ZeeZee

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement