advertisement
Question
Posted by: Mandy | 2011/08/12

Hoe lyk ''n Jodium allerie en waar kom dit op die liggaam voor?

My Moeder is in Januarie 2011 met Adeno gediagnoseer, het Chemo en bestraling ontvang. Op 5-8-11 was ''n ''Scan'' gedoen en was Jodium gebruik om die longe te kan sien. Op 6-8-11 het sy rooi in haar gesig begin uitslaan waarna sy ''n uitslag op haar kuite ontwikkel het, dit lyk soos wanneer ''n vrou haar bene waks. Nadat sy ''n anti-histamien tablet geneem het, het die rooi in haar gesig verminder maar die uitslag op die bene is steeds daar. Voor die Adeno diagnosie het sy eenkeer siek geword van skulpvis waarna sy dit vermy het. Sy is moontlik allergies vir skulpvis maar is nie daarvoor getoets nie. Sy het ook ''n loopneus soos hooikoors, hou dit verband met chemo of bestraling of dalk die Joduim? Hoe lank by Jodium in die liggaam? Ons huisdokter het Texa, kortizoon en salf aanbeveel. Hy meen dit is agv ''n skoktoestand vsn die liggaam tov die Chemo en bestraling. Wat is u mening asseblief?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Mandy

Jou moeder se simptome is heel moontlik as gevolg van die jodium kleurstof wat gebruik was, asook die chemo terapie. Die medikasie wat haar huisdokter voorgestel het, is volgens my opinie goed en jou moeder moet daarmee voort gaan.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement