advertisement
Question
Posted by: Alice. | 2010/04/19

Hoe lank voor als weer normaal is?

Hi dok. Ek het 5 weke terug my groottoon gebreek. Die boonste lid het van onder die nael links bo tot net bo die onderste lid regs gebreek en die stukkie het ''n millimeter regs geskuif. Die dokters het almal gese dis ''n lelike breek. Ek het met my hele gewig op hom geval. (''n Klein beentjie onder my voet by die basis van die toon het ook in die helfte deur gebreek.) Ek is 35, ''n vrou, en weeg 90kg. Die gips is 5 dae terug af. My voet is steeds baie seer by die knop aan die binnevoet en die toon kan steeds nie buig nie en voel styf en is maar seer, veral met die koue. Die voet bo is ook baie seer as ek loop. (Die deel bokant die 3 klein tone.) Hoe lank gaan dit nog seer wees en wanneer gaan ek weer my toon kan buig? En hoe likely is dit dat hy weer kan breek met ''n ligte stamp? Ek verstaan ook dat ek athritis in hom gaan kry?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Alice
Wat het die opvolg x/strale gewys? is dit mooi geheg? Gee die voet nog so week of twee om gesond te word, en dan kan jy of fisioterapie kry of 'n fisio vra om jou te wys hoe jy die gewriggie kan "losmaak" Dis onwaarskynlik dat jy hom weer sal breek met 'n ligte stamp. Artritis is geneig om makliker te onstaan in beseerde gewrigte maar is nie 'n uitgemaakte saak nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2010/04/19

Hallo Alice
Wat het die opvolg x/strale gewys? is dit mooi geheg? Gee die voet nog so week of twee om gesond te word, en dan kan jy of fisioterapie kry of 'n fisio vra om jou te wys hoe jy die gewriggie kan "losmaak" Dis onwaarskynlik dat jy hom weer sal breek met 'n ligte stamp. Artritis is geneig om makliker te onstaan in beseerde gewrigte maar is nie 'n uitgemaakte saak nie.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement