advertisement
Question
Posted by: Cindy | 2009/07/08

Hoe kry ek hierdie vroumens uit my man se lewe uit?

My man werk saam met ' n vrou wat verskriklik op my senuwees werk. Sy is baie jonger as hy en het ek verlede week ' n sms op sy foon van haar af gekry waarin sy van haar vakansie saam met haar man vir hom volledig vertel waarmee sy besig is, hoe dit met haar gesondheid gaan en waar sy is. Ek het hom hiermee gekonfronteer en hy het my vertel hulle is net goeie vriende, daar is niks tussen hulle nie. Hierdie vrou het ook verlede jaar ' n klomp babagoed vir ons gestuur toe ons ' n baba ryker geword het. Ek het nie gedink dit is enigiets snaaks nie, maar nou kom ek agter dat hulle ontsettend baie -|- ak het en dat die vrou my man aanmekaar sms oor haar persoonlike goed. Ek het vir my man gesê  ek gaan hierdie vrou se man -|- ak en hom vra of hy weet waarmee sy besig is, dat sy getroude mans van hul vakansie saam af sms. Ek is baie ongelukkig hieroor, want ek glo nie my man vertel my die hele waarheid nie. Hoe raak ek van hierdie vroumens uit my man se lewe ontslae?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

I think other readers could contribute most usefully here

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: Lady man | 2009/07/08

Lize

Ek stem saam met jou. It takes two to tango.
Mense moet leer om mekaar se gevoelens in ag te neem.
Mense het tog voor die kansel belowe om na mekaar om te sien.

Ek dink dat die grootste probleem in vandag se samelewing is dat mense en partners nie meer bereid is om met mekaar te kommunikeer nie.

Ek dink ook dat ons weer moet terug gaan na daardie dag toe twee mense ewige liefde en trou aan mekaar belowe het en wat ons alles aan mekaar belowe het.

Reply to Lady man
Posted by: !!!!!!! | 2009/07/08

Moer haar!!!!!!!!!!

Reply to !!!!!!!
Posted by: Lize | 2009/07/08

Hoekom is dit altyd die vrou alleen se skuld - jou man het net soveel skuld hierin. As hy weet hoe dit jou onstel en gee eintlik om hoe dit jou laat voel, dan moet hy mos iets van sy kant af doen.

Reply to Lize
Posted by: Anon | 2009/07/08

Vat maar n kans, maar as ek jy was sou ek na n prokureur gaan om net vir haar n waarskuwing brief te stuur, dit sal haar vinnig op haar plek sit. Dit kos nie veel nie. Ons almal weet dit kan lei tot die afbreking van n huwelik en sy sal dan daarvoor verantwoordelik wees.

Reply to Anon
Posted by: Deja vu | 2009/07/08

Sjoe Cindy....baie moeilike situasie ne? Ek was deur dieselfde... Behalwe my man het by hulle kantoore in ' n ander provinsie gaan werk vir ' n paar maande. Hulle was permanent bymekaar en sy verskoning was dat hy niemand anders daar geken het nie, so hulle het maar saam gekuier, dag en nag, by die werk en na werk. Natuurlik het hy my net ' n 10de van die waarheid vertel en ek het heelwat leuens ontdek, een na die ander. Dit is nou so erg dat ek geen meer trust in hom het nie, en ek raak NOU nog so briesend kwaad vir hom as ek net daaraan dink dat ek gereeld op die nippertjie is om hom te los.

Asseblief, vat beheer oor die situasie! Jy weet nie wat alles nog by die werk ook aangaan nie, gaan hulle saam op lunch, gaan kuier hulle gereeld in mekaar se kantore, stuur hulle emails?etc.

Wees gewaarsku, waar ' n man en ' n vrou soveel tyd saam spandeer is daar ALTYD probleme, dit is NIE gesond nie! ' n emotional affair is net so erg soos ' n fisiese affair.

As hy nie kyk nie, gaan weer op sy foon en kry haar selfoon nommer in die hande en dan gaan jy op sy selfoon rekening en kyk hoeveel sms' e en oproepe daar is. (en moet asseblief nie dink dat omdat jy nie meer sms' e kry van haar af op sy foon nie, dat hulle nie meer sms nie, hy' t nou groot geskrik toe jy hom ' uitvang'  met die boodskappe van haar op sy foon, hy gaan nou versigtiger wees en dit dadelik uitvee nadat sy hom gesms het en hy haar gesms het. Mans is skelm bliksems.

Ek verstaan presies waardeur jy gaan, daai koorsagtige gevoel van worry, die insecurity, die kwaadgeit, die hartseer, die worry die worry die worry, ek weet waardeur jy gaan, sterkte...

Reply to Deja vu

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement