advertisement
Question
Posted by: Vana | 2011/04/20

hoe gevaarlik is codiene???

hi my man kry hoofpyne wat hul clusters noem, mar hy mag ni di medisyne daarvoor langdurend glo gebruik. Mar hy bly dit kry en al pynpille wat vir hom help het codiene in nou di dag gelees hoe sleg dit vi jou is om dit lang durend te gebruik,, ek koop nou ander medisyne mar dit help hom net so di eerste 2kere wat hy dit drink, en dan agter my rug gaan koop hy weer AdcoDol dis glo al wat vi hom help, hy drink ook soms meer as wat hul se jy mag op pakkie. Baklei baie met hom daaroor en ek nou raadop met dit. So bang ek verloor hom agv di codiene. iemand vi my gese dit laat jou maag ook bloei e dan gan jy net skielik dood, weet ni hoe waar is dai punt ni??? hy is mar net 26 jaar oud

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHeadache expert

Beste Vana,

“Cluster’ of troshoofpyn kan ‘n mens nooit met Adcodol behandel nie, want dit is net nie sterk genoeg vir die tiepe pyn. As die AdcoDol hom help, dan is dit nie troshoofpyn nie, en die diagnose is verkeerd.

Vir hoofpyn is medikasie ook nie die antwoord nie, want as dit help, is dit net wanneer die pyn al klaar daar is. En in die geval van hoofpyn, veroorsaak die pynpille n toestand met die naam “terugslag hoofpyn”, waar die pille self die hoofpyn erger maak – en as een van die bestantdele codeine is, dan maak dit die toestand erger. Dit gebeur dikwels as die pynpille op n gereelde basis gebruik is.

Om ontslae te raak van die pyn is dit belangrik dat u man n mediese ondersoek laat doen, insluitend n neurologiese ondersoek, om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. Gelukkig, in die groot meerderheid hoofpynleiers is dit nie die geval nie. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer.

Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.headacheclinic.co.za/

Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 0861 678 911 (Johannesburg, Kaapstad, Durban).

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Vana | 2011/04/21

nee di dokter het ni vi ons Adcodol voorgeskryf dis di enigste medikasie wat ek oor di toonbank kan koop wat help.
Dr het laas vi ons imflamtoriese medisyne gegee, mar dis duur en dit help ook net as hy dit drink. Dink ook ons moet di oorsaak gaan soek. Baie dankie vir di nommers

Reply to Vana
Posted by: Headache expert | 2011/04/20

Beste Vana,

“Cluster’ of troshoofpyn kan ‘n mens nooit met Adcodol behandel nie, want dit is net nie sterk genoeg vir die tiepe pyn. As die AdcoDol hom help, dan is dit nie troshoofpyn nie, en die diagnose is verkeerd.

Vir hoofpyn is medikasie ook nie die antwoord nie, want as dit help, is dit net wanneer die pyn al klaar daar is. En in die geval van hoofpyn, veroorsaak die pynpille n toestand met die naam “terugslag hoofpyn”, waar die pille self die hoofpyn erger maak – en as een van die bestantdele codeine is, dan maak dit die toestand erger. Dit gebeur dikwels as die pynpille op n gereelde basis gebruik is.

Om ontslae te raak van die pyn is dit belangrik dat u man n mediese ondersoek laat doen, insluitend n neurologiese ondersoek, om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. Gelukkig, in die groot meerderheid hoofpynleiers is dit nie die geval nie. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer.

Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.headacheclinic.co.za/

Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 0861 678 911 (Johannesburg, Kaapstad, Durban).

Reply to Headache expert

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.