advertisement
Question
Posted by: LINDIE | 2013/01/23

HOE CHOLESTEROL EN BLOEDSUIKER EN OORGEWIG

Ek is 52 jr oud en volgens dokter 18kg oorgewig met redelik hoe cholesterol en bloedsuikervlakke. Ek het nie medikasie ontvang op die stadium maar moet begin eetplan volg wat kan help om dit te verlaag sowel as gewig te verloor. Verder is my gesondheid goed.Kan u vir my eetplan aanbeveel asb

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lindie
Indien jy aan hoë bloedcholesterol- en suikervlakke ly, sal dit raadsaam wees om 'n geregistreerde dieetkundige te raadpleeg. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal 'n lae-vet, lae-cholesterol, lae-glisemiese indeks dieetvoorskrif vir jou uitwerk sodat jy die probleem met jou bloedvetvlakke en insulien weerstandigheid kan bekamp en ook gewig sal kan verloor. Klik op 'Diet & Nutrition', 'Food as Medicine', en 'Healthy heart', om meer te lees oor lae-vet-diëte. Lees meer oor die GI deur te klik op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Glycaemic Index' en dan die artikels oor die GI te lees.

Maar die eerste stap is om ‘n dieetkundige te sien sodat sy vir jou ‘n individuele dieetvoorskrif kan uitwerk wat presies pas by jou spesiale omstandighede.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement