advertisement
Question
Posted by: Lin | 2012/06/25

Hoe cholesterol

Ek is 28 jaar oud, 1.72m lank en weeg 56kg. Ek oefen daagliks en eet gesond. Ek eet egter nie rooivleis nie en net ongeveer een keer ''n week vis of hoender. Ek wil graag weet hoe dit moontlik is dat ek hoe cholesterol kan he? My telling is 5.4 en die dokter het my op medikasie gesit daarvoor. Ek eet glad nie ''gemorskos'' nie!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lin
Beste Lin
Dit is inderdaad moontlik dat iemand wat so jonk en maer (BMI = 18.9) is soos jy en wat ook nie vetterige kos eet nie, aan hoë cholesterolvlakke kan ly. Deesdae is dit moontlik om sulke pasiënte met behulp van ‘n genetiese toets uit te ken, aangesien hulle nie baie sal baat by dieet nie. Persone met geneties-bepaalde hoë cholesterolvlakke moet dan hul medikasie soos statiene gereeld drink om die cholesterol te verlaag. ‘n Gebalanseerde gesonde dieet wat wel laag is aan totale vet en versadigde vet, sal ook help om so ‘n persoon gesond te hou. Klik op ‘Diet & Nutrition’ en ‘Food as Medicine’ en ‘Healthy Heart’ om meer oor hartdiëte te lees.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/06/26

Beste Lin
Beste Lin
Dit is inderdaad moontlik dat iemand wat so jonk en maer (BMI = 18.9) is soos jy en wat ook nie vetterige kos eet nie, aan hoë cholesterolvlakke kan ly. Deesdae is dit moontlik om sulke pasiënte met behulp van ‘n genetiese toets uit te ken, aangesien hulle nie baie sal baat by dieet nie. Persone met geneties-bepaalde hoë cholesterolvlakke moet dan hul medikasie soos statiene gereeld drink om die cholesterol te verlaag. ‘n Gebalanseerde gesonde dieet wat wel laag is aan totale vet en versadigde vet, sal ook help om so ‘n persoon gesond te hou. Klik op ‘Diet & Nutrition’ en ‘Food as Medicine’ en ‘Healthy Heart’ om meer oor hartdiëte te lees.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement