advertisement
Question
Posted by: chris | 2012/04/12

Hoe bloedruk pille en eetlus dempers

Ek wil weet waarom is dit gevaarlik om twee saam te gebruik

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Chris
Afgesien daarvan dat sekere van die chemiese bestanddele in albei soorte pille met mekaar kan reageer, al is die eetlusdempers kamstig 'natuurlik' omdat dit net 'kruie' bevat (sommige van die mees potente en potensieel gevaarlike chemiese stowwe word in plante gevind), dui die feit dat 'n persoon bloeddrukpille drink daarop dat hy/sy aan hipertensie of hoë bloeddruk ly. Sekere van die eetlusdempers (beide van farmakologiese en plantaardige oorsprong) kan ook hipertensie veroorsaak en sal dus die pasiënt se toestand versleg. In sommige gevalle het persone wat bv. verslankingsprodukte wat oormatige dosisse sibutramien bevat het, baie siek geword omdat hulle bloeddruk in die hoogte geskiet het.
Dit is belangrik dat persone met hoë bloeddruk slegs onder die toesig van die geneesheer wat hulle hipertensie behandel, enige addisionele pille gebruik.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/04/12

Beste Chris
Afgesien daarvan dat sekere van die chemiese bestanddele in albei soorte pille met mekaar kan reageer, al is die eetlusdempers kamstig 'natuurlik' omdat dit net 'kruie' bevat (sommige van die mees potente en potensieel gevaarlike chemiese stowwe word in plante gevind), dui die feit dat 'n persoon bloeddrukpille drink daarop dat hy/sy aan hipertensie of hoë bloeddruk ly. Sekere van die eetlusdempers (beide van farmakologiese en plantaardige oorsprong) kan ook hipertensie veroorsaak en sal dus die pasiënt se toestand versleg. In sommige gevalle het persone wat bv. verslankingsprodukte wat oormatige dosisse sibutramien bevat het, baie siek geword omdat hulle bloeddruk in die hoogte geskiet het.
Dit is belangrik dat persone met hoë bloeddruk slegs onder die toesig van die geneesheer wat hulle hipertensie behandel, enige addisionele pille gebruik.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.