advertisement
Question
Posted by: Alida | 2010/07/23

hoe bloedruk - erge kopsere

My man het die volgende med gebruik vir hoe bloeddruk vir baie jare tot ons van med fonds verander het in Januarie 2010.
Tarka, Natralix SR en Co-operavil.
Die nuwe med fonds betaal nie vir dit nie en het die GP toe d volg med voorgeskryf in boge med se plek.
Zartan 100, Pharmapress 20mg, Bilacor 10 7 Mavik 2mg
Vandat hy die nuwe med gebruik kry hy aanhoudende erge hoofpyne veral deur die nag en soggens vroeg so vana 4uur die oggend. Hy was twee weke gelede by ''n internis in ons dorp wie gese het sy bloeddruk is vir hom hoog hy moet kort kort sy lesing laat neem oor ''n tydperk van 3 weke en na hom toe terugkom. Die hoofpyne was so vir 2 dae weg maar weer erger terug elke dag. Hy het die spesialis geskakel nadat hy ''n lesing laat neem het en die bloeddruk was 160/90 waar dit 140/90 was met sy besoek aan die spesialis. Die dr het net vir hom gese (half geirriteerd) dat hy maar Maandag moet terugkom na hom toe indien dit nie verbeter nie en dat hy voel dat dit nie die bloeddruk is wat die oorsaak is van die erge hoofpyne nie. Ek en my seun het nou gesels en het my seun my daarop gewys dat dit lyk asof my man depressief begin raak. Daar is ook wel baie finansiele stres op die oomblik. Ons het ook na die blaadjies in die mediskasie gekyk wat aandui dat seker van hierdie med tot depressie/lekeumie kan lei? Wat kan ons doen asb. Ons is in die George/Mosselbaai area.Ek raak baie bekommerd oor hom. Hy is tans 61 jaar oud. As jongmens het hy hierdie erge hoofpyn ook gekry tot hy die bloeddruk med begin gebruik het waarna dit verbeter het. Wat van ''n dieetkundige dalk. Hy is baie lief vir soet goed en sout en oefen glad nie. " Slap Chips en Coke/Pepsi bv. Byvoorbaat dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Alida

Ai, dit is jammer om te verneem dat die spesialis geirriteerd geklink het met julle oproep. Dit is werklik ongevraagd en jou man het beslis hulp nodig om sy simptome te verbeter.

Die moontlikhede is as volg:

1. Depressie met geassosieerde simptome. Depressie as sameloop van omstandighede en as moontlike newe-effek van die medikasie.
2. Hoofpyne as gevolg van ander oorsake, byvoorbeeld lewenstyl met 'n swak dieet en geen fisiese aktiwiteit.
3. Spanning gekompliseer deur nekspier spasma wat 'n konstante knaende hoofpyn tot gevolg het.
4. Ongekontroleerde bloeddruk, m.a.w. die medikasie behandel nie sy bloeddruk optimaal nie.
5. Hoofpyn as gevolg van 'n patologiese oorsaak.

Ek stel dus voor dat jou man ondersoek word vir oorsake van die hoofpyn, asook 'n 24 uur bloeddruk holter toets. Dit sal wys wat jou man se bloeddruk kontrole oor 'n 24 uur tydperk is.

Hy sal ook sy lewenstyl moet aanpas. Besoek 'n dieetkundige vir 'n gebalanseerde dieet en 'n oefen program.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
Our users say:
Posted by: Jacques | 2015/06/29

Ek het die laaste week baie hoofpyn en dit trek tot in my nek in. Kan dit wees asgevolg van my hoe bloedruk ? Moet by se ek het 2weke laas my pille gebruik. Ek oefen elke dag by die gym ens.

Reply to Jacques
Posted by: alet | 2015/05/06

ek sit al 3 weeke met hoof pyn bly naar dronk in my kop bloedruk is 157\67

Reply to alet
Posted by: Breakfast | 2011/02/19

Reply to Breakfast
Posted by: Test | 2011/01/27

Reply to Test
Posted by: ronell | 2010/10/14

my seun van elf kry baie kopsere dokter se dis sienis gebruik medikasie kry nog steeds kopsere.

Reply to ronell
Posted by: Alida | 2010/07/26

Baie dankie vir die advies. Gaan vandag terug na spesialis en sal maar hoor wat hy nou verder voorste. Die holter toets was so ''n maand gelede gedoen en het die bloeddruk steeds hoog gewys. Nie abnormaal hoog nie maar wel hoë r as wat moet wees. Nogmaals baie dankie. Geniet die dag.

Reply to Alida

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement