advertisement
Question
Posted by: Monica | 2010/01/26

Hoe bloeddruk

Ek is ' n 43 jarige vrou. Ek is op behandeling vir hoe bloeddruk . Ek gebruik Adco Retic vir ' n hele paar jaar al. Ek is tans in Finland met studies. Ek gaan vir 5 maande hier bly. Ek het onlangs my bloeddruk laat toets by die studente besondheidskliniek. My bloeddruk is 139/97. Dit is die eerste keer dat my bloeddruk so hoog is. Ek kan eers middel Februarie ' n doktersafspraak kry. Die verpleegster het my verseker dat my bloeddruk nie so hoog is nie. Die rede hoekom ek my bloeddruk laat toets het was dat my oe snaaks begin voel het en ek het ' n ligte hoofpyn gekry. Dis baie koud hier en ek het nie geweet of dit van die koue is dat my oe so voel nie. My bloeddruk is normaalweg 120/60 met die pille wat ek geruik. Moet ek ' n doktersafspraak maak of maar net aangaan met my behandeling. Ek is baie ver van die huis af en wil nie hier siek word nie. Ek is van Namibia.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Monica
Toets jou bloeddruk daagliks vir 5 dae. Kyk dan wat die gemiddeld bo en onder is vir die week. As dit bo >140 is en onder >90 is moet jy 'n dokter sien. Moet nooit net op een bloeddruk lesing jou pille verander nie want mens se bloeddruk kan tydelik opgaan as jy gejaagd, angstig is of seer het.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2010/01/26

Hallo Monica
Toets jou bloeddruk daagliks vir 5 dae. Kyk dan wat die gemiddeld bo en onder is vir die week. As dit bo >140 is en onder >90 is moet jy 'n dokter sien. Moet nooit net op een bloeddruk lesing jou pille verander nie want mens se bloeddruk kan tydelik opgaan as jy gejaagd, angstig is of seer het.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement