advertisement
Question
Posted by: Leo | 2009/03/18

Hoe bloeddruk

Ek het laas jaar, Augustus 2008 my totale skildklier en 2 knoppe laat verwyder en daarna het my bloeddruk (wat altyd normaal was) hoog gegaan. Dit is vir my ' n geweldige skok gewees (operasies en ander goed) en ek kry angsaanvalle wat ek nooit voorheen gekry het nie. Ek drink Concor 5mg maar dit bly hoog en ek voel dronk in die kop. Ek werk onder geweldige druk en stres elke dag, maar moet maar aangaan. My man se ek snork baie en ek gaap vreeslik baie. My stembande voel gou moeg gepraat en ek bly moeg. Ek is ook baie oorgewig 89kg en my hande en voete jeuk baie. Ek het nou 5 dae gelede die pilletjie verdubbel om te kyk of my bloeddruk gaan verbeter

Help asb

Leonie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Leonie
Ek dink jy moet eerder iets vir die angstigheid neem as om jou bloeddruk pilletjie te verhoog. Jy slaap duidelik nie goed nie, en dit kan chroniese moegheid en depressie veroorsaak. Probeer gewig verloor want dit sal jou snorkery verbeter. Jy moet dalk ook 'n waterpilletjie by jou Concor gebruik - praat met jou dokter hieroor en oor iets vir die angstigheid - bly net weg van enige iets wat met 'n "-pam" eindig soos diasepam (Valium) - dis verslawend! Dis Ok vir 'n week of so maar langtermyn moet mens eerder iets soos Prozac gebruik ( sien ook http://helpguide.org/mental/anxiety_medication_drugs_treatment.htm) en sielkundige hulp kry om jou angstigheid te beheer.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Hanlie | 2009/07/29

blushes, dizzy, bloddpressure 200/116

Reply to Hanlie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement