advertisement
Question
Posted by: marietjie | 2008/06/10

Hoëbloeddruk

Hallo dr Bets
Hoop u kan my help. Baie kort geskiedenis. Is 50jaar. Wou by gimnasium aansluit - weggewys agv hoëbloeddruk - ek het dit nooit eens besef. Hier waar pret begin. My GP het my dadelik op tablette gesit. Binne 8 maande op feitlik 6 verskillende soorte agv allergiese toestande vanaf toetrek van lugweë tot hartklop wat daal na onder 50 slae per minuut glo agv betablokker. Laaste tablette was Atacand 16mg. My GP verwys my na internis -24uur bloeddrukmeter het gewys dat my bloeddruk tot 60maal per dag varieër. Internis het my op Fortzaar 25g/100 geplaas, die het my geweldige hartkloppings gegee maar op sy aanbeveling drink ek helfte soggens en helfte saans. (uiters onderaktiewe skildklier - drink daagliks 1.5m eltroxin) Lyk of my bloeddruk redelik gestabilseer het is nou so byna maand daarop MAAR ek het gevind dat sodra ek dit drink ek redelik depressief raak, ek het aanvanklik gedink dis my verbeelding, maar drink ek dit nie, het ek positiewe energie en vind ek dinge nie so oorweldigend nie (hoop u verstaan wat ek bedoel) aanvanklik het ek gedink dis net sielkundig maar ek vind tog dat dalk kan bydra tot my gemoedstemming. Dink u dis moontlik?
Ek hoor spoedig van u
Groete
Marietjie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Marietjie
In kliniese studies het sommige pasiente simptome van depressie ondervind maar dit kon nie regtig bevestig word dat dit defnitief van die medikasie is nie. Dink tog dat jy dit vir jou dokter moet noem. Wat jy ook kan doen is om jou soutiname te verminder, kalsium/magnesium aanvullings neem, kos eet met hoë kalium ( aartappels, piesangs, tofu, bone), en probeer 'n teelepel heuning elke oggend as jy nie diabeties is nie!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement